Agter ons rekordbrekende goue seun is daar ’n Tannie Ans, en volgens ons susterkoerant, die Bloemfontein Courant, het die internasionale atletiekgesag, die IAAF, haar erken as afrigter van die jaar vir 2017.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die Namibiër Ans Botha (75), wat nou in Bloemfontein woon en die Universiteit van Vrystaat se atlete afrig, was op haar dag self ’n atleet. Sy het haar dogter begin afrig omdat sy nie ’n paslike afrigter in Namibië kon vind nie en later het sy ander atlete begin help om hul volle potensiaal te bereik. Een van haar bekendste atlete is Wayde van Niekerk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Wayde, Tannie Ans se steratleet, is in Oktober vanjaar met sy verloofde Cheshney getroud. Hy is ook tans besig om te herstel van beserings en sal eers later volgende jaar weer begin deelneem aan kompetisies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Wayde is self ’n finalis vir die IAAF se toekenning vir die Beste Manlike Atleet vir 2017. Hy sal later vandeesmaand (op 24 November 2017) hoor of hy met hierdie titel wegstap. Sy kompetisie vir hierdie erkenning is Mutaz Essa Barshim (die hoogspringatleet van Katar) en Mo Farah (die Britse langafstandatleet). Die finaliste vir Beste Vroulike Atleet 2017 is Almaz Ayana (die langafstandatleet van Ethiopië), Ekaterini Stefanidi (die Griekse paalspringatleet) en Nafissatou Thiam (die Belgiese multi-sport atleet).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.