’n Sterk Maleise en Indiese invloed is duidelik te sien én te proe in verskeie Mauritiaanse geregte soos dié tandoorilam. Tradisioneel word die vleis aan lang staalpenne geryg en in ’n tandoor-oond (’n groot kleipot met warm kole onderin) laat sak. Die vleis word murgsag en het ’n heerlike geroosterde smaak. Ons het die lam eers in jogurt gemarineer en toe in ’n riffelpan gerooster om dieselfde effek te kry.