Die pragtige Tammy-Anne Fortuin is verloof. Toe sy in Julie 2014 op ons voorblad verskyn het, het sy op ’n blitsbesoek aan Johannesburg gesels oor haar lewe in Los Angeles. Haar lewe nou verskil heelwat van dié onderhoud.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Tammy het op 14 Mei 2016 hierdie foto op haar Instagram-blad geplaas met die woorde, “Yes Lord. For the rest of my life.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Julie, 2014
– Deur Ilse Salzwedel. Foto’s deur Leana Clunies-Ross
Die vorige keer toe ek met Tammy-Anne Fortuin gesels het, kon sy nie uitgepraat raak oor New York nie. Nou, byna twee jaar later (2014), borrel sy oor Los Angeles, die rolprenthoofstad van die wêreld en ongetwyfeld elke voornemende akteur en rolprentmaker se droom.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Tammy, wat bekend geword het as eerste prinses in 2003 se Mej. SA-kompetisie en al twee keer op FHM se lys van 100 sexyste vroue was, leef nou hierdie droom.
“Ek geniet LA meer as New York, al is die graadkursus wat ek volg taai en is daar baie min tyd vir ontspan. Daar sit ek nou, kan jy glo?” lag sy, nog net so mooi en ongekunsteld soos altyd.
Sy is besig met ’n B.A.-graad in rolprentkunde, ’n driejaar-kursus. Sy is nou in haar tweede jaar, en behalwe ’n klomp akademiese vakke, wat selfs wiskunde insluit, is daar báie praktiese werk.
“Ek het al op minstens vyf kortflieks gewerk. Dis so ’n groot kreatiewe uitlaatklep dat dit soms effens absurd voel om te dink dis wat ek nou doen.”
Hierdie lewe is inderdaad ligjare verwyder van die glanslewe wat sy in Suid-Afrika gelei het as aanbieder van Roer en medevervaardiger en mede-aanbieder van M-Net se glansryke joernaalprogram All Access. Sy was ook ’n direkteur en vervaardiger van die produksiemaatskappy Homebrew. Sy is steeds ’n aandeelhouer en maak vir hulle insetsels uit Amerika en in Suid-Afrika. Sy vlieg so dikwels as wat nodig is tussen LA en Suid-Afrika vir werk hier. (Sy moet werk om vir haar studie te betaal.)
Hoe hou sy al die balle in die lug? “Jong, juggle is al deel van my lewe,” sê sy, asof dit doodgewoon is om tussen twee vastelande te studeer en te werk.
Tammy geniet haar besige lewe. “Maar ’n mens betaal mos maar altyd ’n prys vir toewyding. Ek het byvoorbeeld nie ’n man in my lewe nie, maar is gelukkig so ’n vry siel in ’n situasie waar so baie opwindende dinge gebeur dat ek nie eintlik kans kry om dit te mis nie. Maar as ek na nog een troue genooi word … ” skerts sy.
Sy droom daarvan om eendag regie te doen. “Die kursus berei jou voor op alles, van redigering tot draaiboeke skryf, met al die dissiplines tussenin.”
Sy het reeds ’n eenjarige dramakwalifikasie by die New York Film Academy verwerf, waar haar naam ook op die ererol vir uitstekende prestasie is.
Dinge gebeur heelwat stadiger in LA as in New York. “Ek het LA aanvanklik verpes! Dit was so anders as New York – jy moes ’n motor hê, terwyl jy in New York kon stap, ’n taxi neem of op die moltrein spring. Dit het beteken ek moes my Kaliforniese rybewys kry en gewoond raak daaraan om aan die verkeerde kant van die pad te ry. En natuurlik moes ek blyplek soek, intrek, nuwe vriende maak.”
Sy bieg dat sy aan die begin ’n bietjie paniekerig gevoel het, en haar in haar werk begrawe het. “Maar jy kry net vir ’n klein rukkie kans om poor little me te speel, dan moet jy vinnig weer regkom. Almal in my klas is eintlik in dieselfde bootjie, almal buitelanders. Ek dink daar is net een Amerikaner onder ons.”
Tipies Tammy, immer oop vir nuwe uitdagings, het sy die nuwe stad omarm en toegelaat om onder haar vel in te kruip, en deesdae is sy mal oor haar nuwe (tydelike) huis.
“Toe ek eers net weet waar om brood en melk te gaan koop! En ook toe ek besef almal daar deel my passie vir die bedryf.”
Sy woon in Burbank, reg oorkant die kampus waar sy studeer. “Almal daar praat my taal as dit by kreatiwiteit kom.” Die stad laat haar aan Kaapstad dink waar sy grootgeword het.
“Maar Kaapstad is baie mooier,” verklaar sy ewe patrioties. “LA is ook baie warmer as die Kaap. Onthou, die stad is op die rand van ’n woestyn, maar dit akkordeer goed met my. New York was koud in die winter en be-dompig en warm in die somer.”
Haar leefwêreld en blyplek is in elke opsig ver verwyderd van die Hollywood wat ons op TV sien. “Ek leef baie eenvoudig. Ek sal eerder my geld gebruik om ’n goeie fliek te gaan sien as om nuwe skoene te koop.”
Sy vermy Hollywood. “Dis seker ’n belewenis om dit te besoek as jy ’n toeris is, maar Hollywood en plekke soos die Walk of Fame is baie besig. En daar is altyd iemand in ’n Superman- of Batman-uitrusting wat jou $10 vir ’n foto vra! Ek het die Dolby-teater, waar die Oscars oorhandig word, jare gelede besoek vir ’n All Access-opname, maar een keer was genoeg. Toe my ouers verlede jaar kom kuier, het ek hulle wel na al die toeriste-attraksies geneem.”
As daar ’n tydjie is, verkies sy om langs die see by Santa Barbara en Venice Beach te gaan ontspan. Die LA County Museum of Art (LACMA) is nog ’n gunsteling.
“Daar is gereeld baie interessante uitstallings. In my eerste semester het ek daar na ’n uitstekende uitstalling oor die werk van die regisseur Stanley Kubrick gaan kyk.”
Andersins sal jy haar waarskynlik in een van die stad se legendariese comedy clubs of by ’n rolprentvertoning by die wêreldberoemde Warner Brothers se ateljees aantref, of op ’n agter-die-skerms-toer op die stel van een van die rolprente wat daar vervaardig word.
En al lyk dit nie so as jy na haar modellyf kyk nie, is kos “maar altyd ’n groot ding. Ek maak seker dat ek gereeld by die European Sausage Kitchen inloer vir boerewors, biltong, Ceres-vrugtesap, Aromat en Robertson-speserye”.
Ná byna drie jaar in Amerika kan sy steeds nie aan die reuseporsies in restaurante gewoond raak nie. “Ek kook graag – dis ontspannend, en in elk geval kan jy ook nou net soveel burgers en kitskos in ’n leeftyd eet.”
Sy praat van universiteit as “school”, en sê daar is heelwat Suid-Afrikaners wat daar dramakunde studeer.
“Jy sien sommer dis ’n Suid- Afrikaner, en wanneer jy daardie aksent hoor, dink jy welkom tuis!”
Sy beskryf haar lewe in LA laggend as “vaal en vervelig”, en vertel van werksdae wat twaalf uur en langer is.
“Klasse begin om nege-uur soggens en eindig op die vroegste eers sewe-uur, maar ons is dikwels teen tienuur nog besig. Jy moet maar weet jy gaan hard werk as jy vir dié kursus inskryf – it comes with the territory.
“In Hollywood word rolprentmaak soos ’n wetenskap benader, en ons kursus bestaan uit ’n klomp uiteenlopende vakke. Behalwe die wiskunde, is daar goed soos die sielkunde agter toneelspeel, kinematografie en director’s craft, visuele uitbeelding, musical montage … Maar uiteindelik sien jy tog hoe al hierdie uiteenlopende goed bymekaarkom. ’n Regisseur moet ook leer om ’n akteur se taal te praat, so dit gaan beslis help dat ek drama studeer het. Die Amerikaners is ook baie ingestel op kritiese denke, en jy moet kies uit vakke soos astronomie en biologie wanneer jy vir ’n B-graad inskryf.”
Sy kan nie uitgepraat raak oor hoe baie sy leer nie.
“My dosente is almal mense wat byvoorbeeld ook vir die Sundance-rolprentfees flieks maak, en erkende name in die Hollywoodse rolprentbedryf. Niks wat hulle ooit vir jou sê, is onbelangrik of irrelevant nie.”
Is die kursus en LA soos sy haar dit voorgestel het?
“Dis méér as wat ek gedink het dit gaan wees. Ná my sukses met die dramastudie in New York het ek getwyfel of ek dit regtig moet gaan doen. Maar ek glo mos nog altyd jy moet jouself uitdaag – dis nodig. Dit leer jou wat jou sterk punte en jou swakhede is. Ek het in die laaste tien jaar van my lewe nie soveel bevrediging gesmaak nie.
Dit sou makliker gewees het om net in Suid-Afrika te bly en hier naam te maak, maar ek wil leer van die héél bestes in die rolprentwêreld, en hulle is nou maar eenmaal in Hollywood. Ek het nie net gegroei wat loopbaan- en toekomsmoontlikhede betref nie, maar ook as mens.”
Om van die huis weg te wees is steeds die heel moeilikste. Sy kon verlede Kersfees darem by die huis vier, al het sy ná ’n woeste studiejaar eers op Oukersdag in Suid-Afrika aangekom.
“Ek is baie geheg aan my familie, en dis swaar om nie by die huis te wees met al die groot dae nie.” Maar gelukkig, glimlag sy, is Suid-Afrika net ’n vlug ver. Toe haar geliefde tannie Marina – “sy was vir my soos ’n tweede ma” – in Februarie onverwags oorlede is, het Tammy spesiaal hierheen gekom.
“Dit was vir ons almal ’n skok en om weg te wees van die huis in so ’n tragiese tyd was maar een van my geheime vrese.”
Sy moes ’n maand uitstel kry vir ’n kortfliek, maar het steeds haar take per e-pos uit Suid-Afrika ingedien. Maar dis die minste wat sy vir haar geliefde tannie kon doen.
“My geluk en sukses, of dit nou persoonlik of professioneel is, was vir haar belangriker as wat dit selfs vir my was. Sy het elke rooi rose met my op die voorblad met trots en kwansuis toevallig op haar koffietafel gelos vir almal om te sien. So, hierdie voorblad is vir jou, Minnie.”
Sy is nie eensaam in Amerika nie. “Ek is gelukkig om vriende daar te hê wat soos familie geword het. As jy saam met iemand flieks maak, kom sy ware persoonlikheid nogal na vore.”
Haar ouers, Anthea en Thomas, ondersteun haar ten volle. “Hulle het my hul seën gegee, anders sou ek dit beslis nie kon doen nie. Hulle wóú hê ek moet my vlerke wyer sprei, en ek weet dit maak hulle gelukkig dat ek gelukkig is. Ek was ’n tweedejaar-regstudent toe ek eerste prinses was in die Mej. SA-kompetisie, maar het opgeskop. Ek het vir my pa gesê dat ek net vir ’n rukkie lank die geleenthede gaan hê wat saam met so ’n titel kom en dit moet aangryp, en het hom belowe dat ek eendag sal teruggaan universiteit toe om iets te studeer. En toe het ek. Maar hierdie keer doen ek dit nie omdat ek dit moet doen nie, maar omdat ek weet wat ek wil doen.”
Dink sy haar groot deurbraak wag in Hollywood? Sy trek haar skouers op.
“Ek glo nie daaraan om te sit en wag vir my big break nie. Ek het al geleer jy moet werk vir jou eie deurbrake – trouens, jy moet bereid wees om jou alie af te werk.”
Praat sy darem al met ’n Amerikaanse aksent? Sy gooi haar kop agteroor en lag kliphard. Die meisie van Kaapstad dink dis ’n baie snaakse vraag. “Wat is die kans? Onthou, ek is 32! Ek praat soos ek praat. Ek sal ’n Amerikaanse aksent net aanleer as dit nodig is vir ’n rol.”
Dis duidelik dat nie eens Hollywood hierdie Kaapse skoonheid van haar wortels laat vergeet nie.
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Lewer sowat 9 kranse Bestanddele 100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…
Hierdie webwerf gebruik koekies.