kategorieë: KosSomerkos

Tamatietertjies

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy het minstens 2 klein oondbestande pannetjies van 10 cm nodig. Anders kan jy een groot tert maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 500 g kersietamaties, geel en rooi
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 60 ml (4 e) crème fraîche
  • 10 ml (2 t) Dijon-mosterd
  • 1 x 400 g-rol klaarbereide blaardeeg, ontvries (ek verkies Woolworths se botterblaardeeg)
  • vars basiliekruid vir opdiening

Metode

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 220 °C.

  1. Rol die deeg liggies op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Sny met ’n drukker of onderstebo piering 4 sirkels uit die deeg. Sit die deegsirkels in die yskas tot benodig.
  2. Meng die crème fraîche en mosterd en hou eenkant.
  3. Bak een tertjie op ’n slag: Gooi ’n bietjie olyfolie in die pannetjie en gooi ’n hand vol rooi en geel tamaties daarin. Laat deurwarm word. Skep ’n lepel vol van die crème fraîche op die tamaties en bedek met ’n deegsirkel.
  4. Bak vir sowat 15 min. of tot die blaardeeg opgepof en gaar is.
  5. Haal uit die oond en laat staan vir 5 min. Keer om op ’n oondpan wat met bakpapier uitgevoer is. Herhaal met die res van die tamaties en deeg.
  6. Sit die tertjies op die bakplaat vir 5 min. terug in die oond. Laat deurwarm word en sit met basiliekruidblare voor.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.