Resep deur Vickie de Beer, bygestaan deur Margie Els, Michéle Stander, Melissa Pecoraro. Foto’s deur Michael le Grange.
Genoeg vir 4.
Bestanddele:
- 400 g (1 rol) blaardeeg
- 15 ml olyfolie
- 60 ml (¼ k) botter
- 2 uie, gesny
- 30 ml (2 e) bruinsuiker
- sout en gemaalde swartpeper
- 500 g (2 hande vol) kersietamaties, gehalveer
- Parmesaankrulle vir bo-op hand vol roketblare of basiliekruidblare
Metode
- Voorverhit die oond tot 200°C.
- Verhit die olie en botter oor matige hitte saam.
- Soteer die uie en suiker vir ± 10 min. tot gekarameliseer. Geur na smaak.
- Pak die tamaties, gesnyde kante na onder op ’n bakplaat. Skep die uie oor die tamaties en die blaardeeg bo-op.
- Bak vir ± 30 min. tot gaar. Die deeg sal nie baie goudkleurig bak nie.
- Keer die tert om en bedien met parmesaankrulle en vars roket.