Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
4 groot tamaties
30 ml (2 e) strooisuiker
500 ml (2 k) tamatiesap
5 ml (1 t) gekapte brandrissie (opsioneel)
’n handjie vol vars basiliekruidblare, fyn gekap
2-3 sprietuie, fyn gekap
vars koljanderblare, fyn gekap
2 avokado’s, in klein blokkies gesny
uitgedrukte sap van 1 lemmetjie
sout
250 ml (1 k) ongegeurde jogurt
Instructions
1 Skil die tamaties: Sny ’n kruisie aan die onderkant van die tamaties, sit in ’n groot bak en gooi kokende water daaroor. Laat staan vir 1 min., haal uit, sit in ’n bak yswater en trek die skilletjies versigtig af. 2 Sny die tamaties middeldeur, skep die pitte met ’n teelepel uit, kap ruweg, bedek en sit in die yskas tot benodig. 3 Verhit die suiker en 125 ml (½ k) tamatiesap in ’n klein kastrol. Roer tot die suiker opgelos het. Verlaag die hitte en prut vir 3-4 min. Haal van die hitte af en laat eenkant afkoel. 4 Verpulp die gesnyde tamaties in ’n voedselverwerker, of gebruik ’n stokmenger. Voeg die verkoelde tamatiestroop, oorblywende tamatiesap, brandrissie, basiliekruid en sout by, meng goed. 5 Gooi in ’n vlak glasbak, bedek met kleefplastiek en vries oornag. 6 Hou die granita in die vrieskas tot sowat 10 min. voor opdiening. 7 Meng die gekapte koljanderblare en sprietuie deur die avokadoblokkies. Voeg die lemmetjiesap by en geur met sout. Verdeel die avokado tussen 6 glasies of bakkies en skep lepels vol jogurt daarop. 8 Krap die granita ruweg met ’n vurk tot dit vol kristalle is. Skep die tamatie-ys op die jogurt en smul dadelik voor dit smelt.