1 Skil die tamaties: Sny ’n kruisie aan die onderkant van die tamaties, sit in ’n groot bak en gooi kokende water daaroor. Laat staan vir 1 min., haal uit, sit in ’n bak yswater en trek die skilletjies versigtig af.Tamaties met avokadosalsa
Ingredients
Instructions
2 Sny die tamaties middeldeur, skep die pitte met ’n teelepel uit, kap ruweg, bedek en sit in die yskas tot benodig.
3 Verhit die suiker en 125 ml (½ k) tamatiesap in ’n klein kastrol. Roer tot die suiker opgelos het. Verlaag die hitte en prut vir 3-4 min. Haal van die hitte af en laat eenkant afkoel.
4 Verpulp die gesnyde tamaties in ’n voedselverwerker, of gebruik ’n stokmenger. Voeg die verkoelde tamatiestroop, oorblywende tamatiesap, brandrissie, basiliekruid en sout by, meng goed.
5 Gooi in ’n vlak glasbak, bedek met kleefplastiek en vries oornag.
6 Hou die granita in die vrieskas tot sowat 10 min. voor opdiening.
7 Meng die gekapte koljanderblare en sprietuie deur die avokadoblokkies. Voeg die lemmetjiesap by en geur met sout. Verdeel die avokado tussen 6 glasies of bakkies en skep lepels vol jogurt daarop.
8 Krap die granita ruweg met ’n vurk tot dit vol kristalle is. Skep die tamatie-ys op die jogurt en smul dadelik voor dit smelt.