• 1 e (15 ml) vars tiemie, van die takkies gestroop
• 2 middelslag-wortels, gerasper
• 2 t (10 ml) tamatiepuree
• 2 x 400 g-blikke heel tamaties
• 1 k (250 ml) goeie hoenderaftreksel
• 1 k (250 ml) melk
• ½ k (125 ml) crème fraîche
• sout en gemaalde swartpeper
• ’n hand vol vars basiliekruid, fyngekap
Kaasroosterbroodjies
• 1 k (250 ml) beleë kaas, gerasper
• 2 e (30 ml) korrelmosterd
• 2 e (30 ml) crème fraîche
• 4 groot snye brood, middeldeur gesny
Instructions
Tamatiesop:
1 Verhit die botter in ’n groot kastrol oor matige hitte en braai die uie, knoffel en tiemie vir 2-3 min. daarin. Voeg die wortels by en braai vir nog 2-3 min. of tot sag en gaar. 2 Voeg die tamatiepuree by en laat die mengsel vir 2-3 min. kook. 3 Voeg die geblikte tamaties en aftreksel by en bring die mengsel tot kookpunt. 4 Voeg die melk by en laat die sop vir sowat 10-15 min. prut tot effens verdik. Voeg die crème fraîche by en trek van die hitte af. 5 Verhit die oond tot 180 ˚C. 6 Verwerk die sop in ’n voedselverwerker of met ’n stokmenger tot glad en romerig. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
Broodjies: Meng die kaas, mosterd en crème fraîche in ’n mengbak.
1 Skep 2 e (30 ml) van die kaasmengsel op elke sny brood. 2 Sit die brood op ’n bakplaat en bak tot die brood bros en die kaas gesmelt is. 3 Sit die tamatiesop met vars basiliekruid, ekstra crème fraîche en die warm kaasroosterbroodjies voor.