Resep deur Vickie de Beer. Foto Lee Schwagele van crphotographic.co.za
Tamatiesop: 1 Verhit die botter in ’n groot kastrol oor matige hitte en braai die uie, knoffel en tiemie vir 2-3 min. daarin. Voeg die wortels by en braai vir nog 2-3 min. of tot sag en gaar. Broodjies: Meng die kaas, mosterd en crème fraîche in ’n mengbak. 1 Skep 2 e (30 ml) van die kaasmengsel op elke sny brood.Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies
Ingredients
Instructions
2 Voeg die tamatiepuree by en laat die mengsel vir 2-3 min. kook.
3 Voeg die geblikte tamaties en aftreksel by en bring die mengsel tot kookpunt.
4 Voeg die melk by en laat die sop vir sowat 10-15 min. prut tot effens verdik. Voeg die crème fraîche by en trek van die hitte af.
5 Verhit die oond tot 180 ˚C.
6 Verwerk die sop in ’n voedselverwerker of met ’n stokmenger tot glad en romerig. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
2 Sit die brood op ’n bakplaat en bak tot die brood bros en die kaas gesmelt is.
3 Sit die tamatiesop met vars basiliekruid, ekstra crème fraîche en die warm kaasroosterbroodjies voor.