Tamaties is propvol vitamien C en die kragtige anti-oksidant likopeen. Likopeen bevorder ’n gesonde skelet en bene. Indien jy baie tamaties eet, kan jy ook jou slegte cholesterol verlaag en jou teen hartsiektes beskerm.
• 250 g ryp tamaties, kies ’n verskeidenheid groottes, vorms en kleure
• 3 sprietuie
• ½ rooi soetrissie, ontpit
• handjie vol ys
• sout en grof gemaalde swartpeper
• handjie vol vars basiliekruidblare
Instructions
1 Verwerk die tamaties, sprietuie, soetrissie en ys in ’n voedselverwerker, of gebruik ’n stokmenger. 2 Geur met sout en peper, tooi met die basiliekruid.