Tamatie-en-waatlemoen-slaai met ’n rooi soetrissie-slaaisous en geklopte feta

Tamatie-en-waatlemoen-slaai met ’n rooi soetrissie-slaaisous en geklopte feta deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gilionelle Kaba. Foto: Lee Schwagele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rooi soetrissieslaaisous

  • 20 ml (2 t) olyfolie
  • 2 rooi soetrissies, pitte en wit vliesies verwyder en in blokke gesny
  • 200 g aarbeie, gewas en stingels afgesny
  • 15 ml (1 e) witwynasyn
  • ’n knypie sout

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Geklopte feta

  • 200 g fetakaas
  • 250 ml (1 k) suurroom

Tamatie-en-waatlemoen-slaai

  • 2 groot ryp tamaties, in kwarte gesny
  • 100 g kersietamaties, middeldeur gesny
  • 100 g rosatamaties, middeldeur gesny
  • 150 g waatlemoen, geskil en in skywe gesny
  • 100 g aarbeie, middeldeur gesny
  • 40 g granaatpitte
  • ’n hand vol kruieslaaiblaartjies
  • sout

Metode

Soetrissieslaaisous

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Sit die soetrissieblokke op ’n bakplaat en gooi die olyfolie oor. Geur met sout en meng goed deur. Rooster vir 20-25 min. of tot sag.
  2. Verwerk die geroosterde soetrissies, aarbeie, witwynasyn en sout in ’n voedselverwerker tot glad. Gooi die olyfolie stadig by terwyl die masjien aangeskakel is en meng goed. Sit in die yskas en haal net voor opdiening uit.

Geklopte feta

  1. Breek die fetakaas in ’n mengbak in klein stukkies – maak seker daar is nie groot stukke nie. Gooi die suurroom by. Klits die mengsel met ’n elektriese handmenger tot lig en donsig.

Tamatie-en-waatlemoenslaai

  1. Meng die gesnyde tamaties in ’n groot slaaibak, en geur met sout.
  2. Rangskik die tamaties, waatlemoen, aarbeie, granaatpitte en kruieslaaiblare in ’n mooi opdienbak. Sit die slaai met die soetrissieslaaisous en geklopte feta voor.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

18 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

18 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.