kategorieë: Ons menseBekendes

Tamaryn Green onthul haar uitrustings vir Mej. Heelal

Tamaryn Green onthul haar uitrustings vir Mej. Heelal deur Catherine Schenck. Foto’s: Yolanda van der Stoep – verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Mej. Suid-Afrika 2018, Tamaryn Green (24), het vandag twee van haar uitrustings vir die Mej. Heelal-kompetisie by haar afskeidsgeleentheid by die Maslow Hotel in Sandton onthul. Mej. Heelal 2018 vind op 17 Desember 2018 in Bangkok, Thailand, plaas. Suid-Afrikaners hoop dat sy ons tweede Mej. Heelal in ’n ry sal wees na Demi-Leigh Nel-Peters se kroning verlede jaar. Ons het vir Tamaryn ’n paar vrae gevra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van die twee rokke wat jy vandag onthul het.

Die eerste uitrusting wat ek vandag gedra het is my nasionale kostuum. Dis geïnspireer deur die bloukraanvoël en is gemaak deur Malikah Hajee en Lloyd Kandlin van The Costume Department in Kaapstad. Ek waardeer die bloed, sweet en trane wat hulle in daardie kostuum ingewerk het, want die eindresultaat is presies wat ons wou hê. Ek is so opgewonde om dit op ’n internasionale verhoog te dra, want dit stel nie net ons nasionale voël voor nie, maar dit stel ook ons [as Suid-Afrikaners] voor waar ons nuwe hoogtes bereik. Ons as Suid-Afrikaners vlieg hoog, ons styg bo ons probleme uit en ons oorwin dit, en dis hoekom die rok so treffend is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Yolanda van der Stoep

Foto: Yolanda van der Stoep

My vaarwelrok is gemaak deur Galluzzi e Gini, wat die mees fantastiese ontwerpers is. Hulle het my rok vir Mej. Suid-Afrika gemaak, hulle het hierdie rok gemaak en hulle het ook die rok wat ek die finale aand sal dra, gemaak. Ek het werklik ’n hegte band met hulle gevorm en hulle kry dit net altyd reg [om ’n pragtige rok te skep]. Die rokke is perfek en dis presies wat ons gehoop het dit sal wees.

Foto: Yolanda van der Stoep

Waarvoor is jy die meeste opgewonde vir Mej. Heelal?

Ek sien uit om al die ander deelnemers te ontmoet. Ek is so opgewonde om van hulle te leer; hulle praat ander tale, hulle is van ander gelowe en kom uit ander kulture. Ek sien so uit om hulle beter te leer ken.

Waarvoor is jy die meeste senuagtig vir Mej. Heelal?

Weet jy, ek is senuagtig oor daardie laaste vraag. Of jy nou in die topvyf of toptwee eindig, tydens daardie oomblik is jy op die verhoog waar hulle jou die laaste vraag vra en jy moet net kalm bly en onthou waarvoor jy staan – die belangrikste is om dit als goed deur te voer en om net ’n goeie antwoord te gee.

As, nee, wanneer jy Mej. Heelal gaan wen, sal jy vir ’n jaar in New York woon. Waarna sien jy die meeste uit?

Genugtig! Ek is ’n meisie van ’n klein dorpie af – ek’s van die Paarl – en net om Johannesburg toe te moes trek was alreeds ’n groot aanpassing! So ek weet nie eintlik waarna ek als uitsien as ek New York toe gaan nie. Ek weet net ek sal aanpas.  Maar wanneer jy ’n klein dogtertjie is droom jy altyd oor om te kan reis, en hierdie is ’n wonderlike geleentheid wat my sal toelaat om dit te doen. Ek dink ek gaan net so geseënd voel om daar te wees.

En wat sal jy die meeste mis?

Kaapstad! Ek gaan die strande, die atmosfeer en my gesin mis. Ek is beslis ’n gesinsmens.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

5 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

5 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

6 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

7 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

9 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.