kategorieë: Ons menseBekendes

Komedie-legendes in nuwe kykNET-reeks te sien

Van Afrikaans se snaaksste komediante en akteurs is van Maandag 2 Oktober om 20:00 te sien in ’n splinternuwe komediereeks op kykNET.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Taktiek is vervaardig deur Nagvlug Films wat ook vir die trefferreeks Hotel verantwoordelik was. Hotel het deur die jare verskeie SAFTA-toekennings gewen en is vanjaar vir ’n merkwaardige dertien toekennings benoem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Iewers in Suid-Afrika is daar ’n dorpie genaamd Schusterton. En soos enige ander dorpie in die land, het Schusterton ’n sekuriteitsmaatskappy wat na die veiligheid van die inwoners omsien. Daar is net twee probleme. Eerstens is Schusterton die veiligste dorp in die land waar daar min tot niks aangaan nie. Tweedens is die grootbaas tronk toe gestuur vir allerlei ongerymdhede en is die sekuriteitsmaatskappy, Taktiek, nou in die hande van sy dogter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Die idee het gekom van ’n behoefte om ’n cop show te maak,” sê Bennie Fourie, wat nie net die rol van Goose speel nie, maar ook een van die skrywers en regisseurs is. “In Suid-Afrika is daar egter reëls en regulasies oor hoe die polisie weergegee word en die naaste wat ons toe kon kom, is ’n sekuriteitsmaatskappy, maar hierdie een is die veiligste dorp in die land. Dit het ons baie ruimte gegee om te speel.”

Dieselfde span skrywers wat vir Hotel verantwoordelik was, het ook Taktiek geskryf. “Saam met my was Ryan Metcalfe, wat al die pad van Australië help skryf het, Beer Adriaanse, ook die mede-regisseur van Taktiek, en Stiaan Smith, wat gehelp het met die konsep en ook een episode geskryf het. Ons het sowat ’n jaar aan die reeks geskryf, en ons het so ’n noue band dat dit regtig lekker was.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoekom Schusterton?

“Toe ons op die naam van ons fiktiewe dorp moes besluit, het ons gedink om so ’n klein huldeblyk aan Leon Schuster te bring omdat hy vir almal van ons ’n komedie-held was toe ons jonk was,” verduidelik Bennie.

Wie is wie in die reeks?

Bennie is Goose. Sy familie het na Nieu-Seeland geëmigreer, maar hy het gebly om die land veiliger te maak sodat hulle kan terugkom. Hy is bang vir niks nie, behalwe vir emosie.

Schalk Bezuidenhout is Attie, en Mandri Sutherland is sy tweelingsuster, Mignon. Attie doen IT by Taktiek, maar het drome om ’n sekuriteitswag te word, en Mignon hanteer al die oproepe. As sy dit net ’n bietjie vinniger kon doen …

Deon Lotz is Jorrie, die skelm sakeman wat tjoekie toe gestuur word, en Marion Holm is Karen, sy eksvrou met ’n onbetaamlike liefde vir geld. Hulle dogter is Lise, gespeel deur Leché Joubert, wat deur haar skatryk verloofde Arend (Ludwig Binge) verlaat word omdat hy nie kans sien vir haar familie se skandes nie.

Keeno-Lee Hector is Willy Brown, Goose se beste vriend en ook ’n sekuriteitswag. Hy is verlief op Bronwyn (Melissa de Vries) wat by die plaaslike kroeg werk. James Borthwick is te sien as Venter, ’n knorrige oorlogsveteraan wat al lankal moes aftree, maar as sekuriteitswag werk om die pot aan die kook te hou.

Ander spelers wat in gasrolle te sien is, sluit in Donnalee Roberts, Leandie du Randt, Devonecia Swartz, Antoinette Kellermann en André Weideman.

Taktiek begin op 2 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met baanbreker tydrenjaer Elvéne Vonk

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

26 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

39 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.