kategorieë: Blogs

Takies

Soos baie van my ouderdomsgenote het ek grootgeword met hulp in die huis. Nie een dag per week of hulp van agt tot vier op weeksdae nie, maar met vroue wat op die erf gewoon en van soggens vroeg tot saans na ete gewerk het. Smiddae het hulle “af” gehad, en dan het die vriendinne langbeen op die gras gekuier met ‘n breiwerkie in die hand. Ek het male sonder tal die langbeensittery onderskep deur te vra of daar nog ‘n bietjie stywe pap oor was van die middagete: stukke lekkerder as die gesinskos op ons eetkamertafel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wonder bo wonder het die kind wat nie eens haar eie bed opgemaak het nie as jongmeisie leer kook en wasgoed was. Selfs vloere skrop, maar dit was streng tot noodgevalle beperk – en stryk het nooit onder my reine deugde getel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Deur die jare het my benadering tot huistakies verander. As daar net een of twee mense (bo twintig!) in die huis is en jy nie oorweldig voel deur die eise van ‘n gesin nie, kry skottelgoed was en plante natgooi ‘n eiesoortige allure. Miskien is die groot verskil dat dit nou mý huis is. Ek kan kies hoe dit lyk, maar dis ook my verantwoordelikheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die konsepte van “mindfulness” en “grounding” het baie met my positiewer instelling te doen. Ek weet nou dat enige aktiwiteit vervullend kan wees as ek my volle aandag daarby bepaal – behalwe wanneer die krag af is! En ek ervaar hoe die doelbewuste omgang met klere, breekware of ‘n gieter my uit my kop haal en in die hier en nou sit.

Tog kan ek nie help om te wonder hoe dit sou wees om in die skoene te staan van ‘n man wat nog nooit ‘n vinger in die huis gelig het nie. Is dit lekker?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek sal tien teen een tot ‘n volgende inkarnasie moet wag om uit te vind. Intussen is dit ‘n sagwarm vreugde om ‘n ete te kook vir ‘n man wat dit waardeer, en om die knus atmosfeer wat ek met ’n vryfie hier en ’n skuifie daar probeer skep, te kan deel. Selfs lekkerder as destyd se sonsit met ‘n bordjie stywe pap.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

1 day Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Die lied van haar lewe Sy het ʼn Safta-toekenning vir haar spel in…

1 day Gelede

WEN dubbelkaartjies na nuwe teaterproduksie ‘Ingrid: ‘n Vlam in die Sneeu’!

Vir die eerste keer op die verhoog word die intieme en hartstogtelike liefdesbriewe tussen Ingrid…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Sean Aucamp-van Noordwyk oor sy draai in ‘Suidooster’

Die akteur Sean Aucamp-van Noordwyk (30) het vandeesweek sy verskyning in die gewilde kykNET-sepie, Suidooster,…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Regte egte boskos kortwiek byna van die deelnemers

“Daar’s ’n paar goed wat natuurlik so ég Suid-Afrikaans is, dis so moeilik om dit…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.