Genoeg vir 4.
Bestanddele
Gebruik tuisgemaakte tagliatelle
- 500 g kersietamaties, gewas
- 30 ml olyfolie
- seesoutvlokkies soos Maldon of Cerebos
- 10 ml fyn gekapte knoffel
- 1 ansjovisfilet
- 15 ml kappertjiesaad (capers)
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 2 blikkies (170 g) tuna in olie, uitgekeer
- ’n groot hand vol vars basiliekruidblare
- 5-6 bolletjies buffalo-mozzarella
- 125 ml basiliekruidpesto
- 500 g tuisgemaakte tagliatelle, gekook
Metode
- Verhit die olie in ’n groot pan oor ’n hoë hitte, voeg die tamaties by en braai tot hulle oopbars. Skud die pan kort-kort.
- Voeg die sout, knoffel, ansjovis, kappertjiesaad en suurlemoenskil by en braai vir nog 3 min. Trek van die hitte af voeg die tuna in stukke, basiliekruid en mozzarella by.
- Verdeel die pasta tussen 4 borde en skep die tamatie-sous oor.
- Eindig met ’n skeppie pesto en gemaalde swartpeper.