kategorieë: Reis

Systap die stad

Net suid van Johannesburg, in die Klipriviersberg Natuurreservaat, draai jy uit Impala-weg in by die Thaba Eco Hotel and Spa. Die aardsheid van die geboue eggo die ruwe kwartsietriwwe en die inheemse plantegroei, en as jy fyn genoeg kyk, sien jy talle insekte en voëls. Al gryp jy dalk nie die geleenheid aan om ‘n begeleide staptoer mee te maak, op ‘n perderit te gaan of die bergfietsroetes uit te toets nie, voel jy die teenwoordigheid van sebras, blouwildebeeste, rooibokke, blesbokke en springbokke aan. Die natuur is om jou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die vredigheid wat jy by die Thaba Eco Hotel and Spa ervaar, is egter nie ‘n maatstaf vir die vlak van aktiwiteit in die bestemming nie. Agter die skerms werskaf die personeel dag en nag om na konferensiegangers, huwelikspaartjies, bruilofsgaste, mense wat kom om ‘n spesiale geleentheid te vier, en ander hotelgaste om te sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kom dit by verblyf, kan gaste tussen standaardkamers, deluxe-kamers, luukse bosveldsuites en VIP-kamers kies. Die dekor bevat elegante Afrika-elemente en die ruim kamers is duidelik met gaste se behoeftes in gedagte beplan en toegerus.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kos word by Thaba Eco Hotel and Spa met hoofletters geskryf. Die gesellige Kraal Kombuis is bekend vir gul buffet-etes. Die Olive Tree koffiewinkel se skeppings laat jou na jou asem snak, en die Fire Kraal Sports Bar is tekenend van die Suid-Afrikaanse klem op sport en buitelugetes. Boonop kan jy ‘n piekniekmandjie bestel wat jou verwagtinge sal oortref!

Funksies vir klein tot groot groepe word by die Lobola-saal, Tswana-saal, The Glass Marquee en die kapel aangebied. Die hotel is gerat vir konferensies en die kans wat konferensiegangers het om hul batterye soggens, saans en tussen sessies in hierdie pragtige omgewing te herlaai, gee ’n hupstoot aan hul kreatiwiteit!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Thaba Eco Hotel and Spa staan bekend vir goeie diens en is met ‘n TripAdvisor Certificate of Excellence 2014-toekenning bekroon.

Meer inligting by www.thabahotel.co.za of 011 9590 777. Volg ook Thaba Eco Hotel and Spa op Facebook of twitter.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

54 mins Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

14 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.