Sygladde semolinapap met roos-en-framboos-pere deur Vickie de Beer
Genoeg vir 4.
Bestanddele
Roos-en-framboos-pere
- 1 liter (4 k) water
- 500 ml (2 k) suiker
- 120 g (1 k) frambose
- 5 ml roosgeurse
- 4 pere, geskil
Semolinapap
- 2,4 liter melk
- 240 ml semolina<
- 60 ml (4 e) suiker
- 500 ml (2 k) room
Metode
- Begin met die pere: Sit die water en suiker in ’n groot kastrol. Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is.
- Voeg die frambose, roosgeursel en pere by. Kook vir 20-30 min. of tot die pere sag is, maar steeds vorm behou.
- Laat prut intussen 500 ml (2 k) melk en die suiker in ’n middelslagkastrol.
- Meng die res van die melk en die semolina in ’n mengbakkie. Voeg die semolina by die warm melk en klits tot dit goed deurgemeng is.
- Kook die semolina vir 10-15 min. tot dit begin verdik. Voeg die room by en meng goed deur. Kook die pap nog ’n rukkie tot dit weer verdik as dit te dun geword het.
- Lig die pere met ’n gaatjieslepel uit die stroop sodra dit sag is. Kook die stroop verder oor matige hitte tot dit begin verdik.
- Verdeel die warm semolina tussen 4 bakkies en sit met die roos-en-framboos-pere voor.