Dié pragtige ring is met haar insae deur Jack Friedman Juweliers ontwerp en gemaak.
Dié liefdespaar sal na verwagting hul troubeloftes in 2016 aflê ná Strauss haar termyn as Mej. Wêreld voltooi het.
Aleit Swanepoel, bekroonde funksiebeplanner en stigter van The Aleit Group, sal dié huweliksviering koördineer terwyl die Suid-Afrikaanse ontwerper, Casper Bosman, met die ontwerp en maak van Strauss se trourok toevertrou is.
Intussen fokus Strauss op haar Mej. Wêreld verpligtinge terwyl sy die wêreld plat reis!