Koop 12 sjoklademuffins by Woolworths of bak die Beste, Maklikste Sjokoladekoek in kolwyntjiepannetjies.
Instructions
1. Vir die ganache, smelt die sjokolade in die mikrogolf, roer elke minuut. Roer die kondensmelk met 'n vurk tot glad en meng by die gesmelte sjokolade tot goed gemeng en glad. 2. Skep die ganache in 'n spuitsak met 'n sterretjietuit en spuit oor die afgekoelde kolwyntjies. 3. Druk 'n hartjie van plastiese versiersel in elke kolwyntjie.
Plastiese versiersel Knie 'n bolletjie plastiese versiersel met 'n druppeltjie pienk voedselkleursel tot egalig pienk. Rol uit op 'n mielieblom bestrooide werkvlak. Druk hartjies met 'n hartjiekoekiedrukker uit en laat staan vir sowat 1 uur om hard te word. Tooi die kolwyntjies daarmee.