kategorieë: FiksheidGesondheid

Swem is uitstekende oefening

Deur Anet Schoeman. Hooffoto: Kladyk/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Geen verskoning

As bonsende buuste en stewige bo-bene jou tot dusver van swem weerhou het, voel veilig in die wete dat al hierdie eiesinnige liggaamsdele onder die water verbloem word. En troos jouself dat die meeste mense by die gim veels te besig is met hul eie swoeg en sweet om jou figuurfoute op te merk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Oefen slimmer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voordele van swem

  • Dis ’n wonderlike manier om energie te verbrand. Dit sluit kardio- en kragoefeninge in en in een sessie van ’n uur kan jy 2 100 kJ verbrand.
  • Dis die ideale oefening vir mense met osteo-artritis. Omdat jy dryf, is jou skelet en spiere gedeeltelik bevry van die aarde se aantrekkingskrag. Dus sukkel lyers nie met die pyn wat gepaard gaan met gewigdraende oefening nie.
  • Juis daarom is dit ook die ideale oefening tydens swangerskap. Praat altyd eers met jou dokter of klinieksuster voor jy induik.
  • Navorsing toon ook dat dit styfheid in die are, wat ’n risikofaktor vir hartprobleme kan wees, verminder.
  • Swem is ’n wonderlike alternatief as jy van ’n besering herstel. Hardlopers vind dat deur in heupdiepte water te loop, hul fiksheid behoue bly na ’n besering. Wateraerobiese oefeninge kan ook soepelheid en omvang van beweging verbeter.

Lees ook: Herstel is net so belangrik soos oefening

  • Navorsing toon dit verlaag bloeddruk in mense wat met met hoë bloeddruk sukkel.
  • Die koelte en dryfvermoë van die water maak dit ook aantreklik vir mense wat oorgewig is. Hardloop en ander aktiwiteite kan bitter warm en harde werk raak vir swaarder figure. Wateraerobiese oefeninge kan die ideale oefening wees as jy heelwat oorgewig is. Vind uit of daar ’n gim in jou omgewing is wat dit aanbied, of google “popsugar fitness pool exercises” vir oulike oefeninge wat jy self in jou eie swembad of gimswembad kan doen.
  • Dit beteken beslis nie dat swem kinderspeletjies is nie. Water is digter as lug en dus werk jy ekstra hard met elke beweging omdat meer drukking op jou ledemate uitgeoefen word. Tog het dit die voordeel dat daar minder druk op jou knieë, heupe en ander gewrigte is soos wanneer jy regop staan en op land oefen.

vernonwiley/istock images

  • Jou asemhaling verander in die water en dit hou groot voordele in. Buite die water is die meeste mense se inaseming vlakker, en blaas hul hard uit. In die water haal jy diep asem met die intrekslag en blaas jy die lug geleidelik uit omdat jou gesig onder die water is as jy uitasem. Hierdie soort asemhalingsritme kan jou respiratoriese spiere versterk en ook verhoed dat die alveoli in jou longe platval of aan mekaar vasklou.
  • Swem oefen al jou spiere en sorg vir pragtige arms en ’n mooi figuur.

Lees ook: Oefen jouself fiks en sterk

  • Dis uitstekend oefening vir ’n gesonde rug. Omdat jou liggaam in ’n horisontale posisie eerder as vertikale posisie is, balanseer dit al die ure uit wat jy vooroor gebuig voor jou rekenaar swoeg of soos ’n sak aartappels voor die televisie sit of bestuur. Daar is ook geen harde impak soos wanneer jy hardloop nie of die spanning soos wanneer vir ure vooroor gebukkend op jou fiets sit nie.
  • Mense vind swem kalmeer hul gemoed en laat hul goed voel. Dit wil ook uit studies blyk dat meer mense geneig is om vol te hou hou met ’n swemprogram as met ’n hardloopprogram.

Lees ook: Oefening vir die regte postuur

Lees ook: Rol jou sorge weg

Lees ook: Oefen so in die winter as jy bibber

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Winter is die beste tyd om te snoei!

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en…

4 days Gelede

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.