kategorieë: ReisOntspanning

Swaziland: klein landjie, groot hart

Swaziland is een van die min uitvoerende monargieë wat nog in Afrika bestaan. Die Swazi’s is ’n enkele etniese groep met verskillende stamme of clans, byna soos die Skotte, wat onder een monarg funksioneer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Swaziland is ’n unieke, insiggewende voorbeeld van tradisionele Afrika-kultuur. Die tradisionele drag, seremonies en danse waaraan die land so ryk is, is nie net daar om toeriste te lok nie, maar dit is die ware Jakob. Oral sien jy tekens van die Swazi’s se tradisievastheid en respek vir Koning Mswati lll, soos afbeeldings van die koning se gesig op die tradisionele klere waarin die vroue dans.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Koninginmoeder, die koning se ma, speel ’n groot rol in die Swazikultuur. Die koning is met verskeie vroue getroud, elkeen met haar eie paleis.

Alombekende feeste soos die Umhlanga (rietdans) en die Incwala (die belangrikste en “heilige” fees), betrek tienduisende Swazi’s, en trek ook besoekers van oor die wêreld. Kyk gerus na die Swazi kalender: thekingdomofswaziland.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Nasionale Museum van Swaziland in die Ezulwini-vallei is ’n (tydsame) besoek werd.

Die verskeidenheid landskappe in dié klein land is indrukwekkend: berglandskappe met riviere, watervalle en ravyne, indrukwekkende rotsformasies, vrugbare valleie, en die kenmerkende Afrika-bos. Hoëveld, middelveld en laeveld – alles behalwe see en woestyn.

Swaziland spog met 17 bewaringsgebiede wat ’n groot verskeidenheid voël- en wildspesies huisves, onder meer die Groot Vyf. Renostersafari’s (te voet of met ’n 4×4) is gesog.

In een van die wildbewaringsgebiede

Swaziland het somerreënval (mid-Oktober tot Maart). Bedags kan dit baie warm word, maar saans kan die temperatuur val. In die winter is die gemiddelde temperatuur 20˚C. Die hoogte bo seespieël beïnvloed ook die temperatuur. Onthou dat dit tydens aand- of vroegoggendwildritte baie koud kan raak.

Volgens die Toerismeraad is die water in stedelike gebiede veilig om te drink, maar gebottelde water word aanbeveel as jy in die platteland reis.

Die Forester’s Arms Hotel naby Mbabane

Die geldeenheid, die Lilangeni (meervoud Emalangeni of E) is gelyk aan die Suid-Afrikaanse Rand. Suid-Afrikaanse banknote word oral aanvaar.

Kredietkaarte soos Visa, Mastercard en American Express word by talle hotelle, restaurant en winkels aanvaar, maar nie om brandstof te koop nie. Standard Bank, First National en Nedbank het takke in die hoofsentra.

‘n Ezulwini-mark

Koop weefwerk van natuurlike vesels, houtsnee- en klipkerfwerk, handgemaakte glassware en kerse, batik-items en juweliersware.

Ons het nêrens spesiale muurproppe nodig gehad nie. Dis altyd wys om ’n flits saam te neem.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

5 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

5 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

8 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

12 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.