Swartwater is ’n fiktiewe dorpie wat in die Overberg afspeel. ’n Mikrokosmos van Suid-Afrika met ’n mengsel van mense wat teen korrupsie en swaarkry veg, smee ’n nuwe identiteit in ’n onseker wêreld.
Phillip word in ’n sel geplaas saam met ’n paar vreeslike antagonistiese selmaats. Hy is egter nie té bekommerd nie en is amper seker daarvan dat hy binnekort ontslaan sal word, maar toe sy borgtogverhoor uiteindelik die lig sien, is dit vir R2 miljoen en skielik vat sy prokureur die pad.
Annelien word in ’n geestelike-instelling opgeneem en Karien lê ’n besoek aan die rehabilitasiesentrum af.
Francois moet aanvaar dat sy huwelik totaal en al verby is, maar hoe kan hy as hy dit nie WIL aanvaar nie? Dit gaan ons op’n wipwarit vol emosies stuur soos hy die vrou wat hy liefhet van selfvernietiging probeer red. Langs die pad bevind hy homself goed toegewikkel in die donker onderwêreld van prostitusie en mensehandel.
Jy wil nie’n episode misloop nie! Kyk Swartwater Dinsdae-aande om 19:00 op SABC 2. Die nuwe seisoen begin op 14 Maart 2017.