kategorieë: Ontspanning

Swartland wen algeheel, maar Stellenbosch bo in Merlot-kompetisie

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kloovenburg, die bekende Swartlandse wynlandgoed buite Riebeek-Kasteel, het in vanjaar se Hallo Merlot Top 10-kompetisie die hoogste wyntelling vir die derde agtereenvolgende jaar behaal en as algehele presteerder uit die stryd getree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die kompetisie is vanjaar vir die derde maal gehou en sonder Suid-Afrika se tien beste Merlot-wyne uit.

Benewens die eer dat sy Merlot 2021 op die top 10-lys pryk, het Kloovenburg ook ‘n nuwe eikehoutvat gewen, wat deur die Franse kuipery, Taransaud, weer vanjaar se hoofborg van die Hallo Merlot Top 10 was. Die voorwaarde van Taransaud was dat wie ookal die vaatjie wen, dit alleen na hul voertuig moes dra en dit het natuurlik vir groot pret gesorg toe wynmaker Duncan Stuart dié takie moes verrig!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kloovenburg, het die hoogste wyntelling vir die derde agtereenvolgende jaar behaal en as algehele presteerder uit die stryd getree. Benewens die eer dat sy Merlot 2021 op die top 10-lys pryk, het Kloovenburg ook ‘n nuwe eikehoutvat gewen. Wynmaker Duncan Stuart sit hier op sy nuwe vat.

Die aankondiging is vandeesweek by Vrymansfontein, die nuwe restaurant, wynproelokaal en kuierplek van Vondelingwyne in Suider-Paarl, gemaak. Gaste kon eers met produsente gesels; ouer Merlots uit vorige kompetisies proe en toe nadat die aankondiging gemaak is, al die Top 10 Merlots proe.

Mens kan nie anders as om sulke vieringe met goeie vonkelwyn af te skop nie en hoe gelukkig is jy as een van die Merlot-produsente boonop ‘n Cap Classique van Merlot maak nie! Bein is ook een van Top 10 Merlot-wenners.

Die sjefs Kevin Grobler en Anthony van Zyl het gesorg dat die gaste by die funksie se mae vol bly. Vrymansfontein het ses maande gelede sy deure vir die publiek geopen.

Die Swartland-streek het dalk die kalklig gesteel met die hoogste punte, maar die Stellenbosch-wynstreek het die Hallo Merlot Top 10 oorheers, met agt Stellenbosch Merlots op vanjaar se erelys. Stellenbosch se Nilberg-landgoed het twee wyne in die Top 10 – die Merlot 2017 en Merlot Reserve 2018 – terwyl Bein Private Cellar vir die derde agtereenvolgende jaar ‘n top-posisie behaal het, hierdie keer met Bein Little Merlot 2021.

Al die wenners van die Hallo Merlot Top 10 kompetisie met Mark Goldsmith van Taransaud (hoofborg) heel links, Matthew Copeland, sameroeper van die beoordelaarspaneel agter, vierde van links en Dawie, voorsitter van die Hallo Merlot Forum heel regs.

Ander Stellenbosse produsente in die Top 10 is: Delaire Graff (Banghoek Reserve Merlot 2021), Dornier (Merlot 2020), Glenelly (Glass Collection Merlot 2020), Quoin Rock (Merlot 2021) en Zorgvliet (Merlot 2021).

Vanjaar se Hallo Merlot Top 10 wenners is uit 63 inskrywings gekies.

Anthonij Rupert Wyne van Franschhoek, maak dit ‘n volronde Top 10 met sy Anthonij Rupert Merlot 2018.

Dawie Botha, voorsitter van die Hallo Merlot Forum en wynmaker by Anthonij Rupert Wyne, het gesê dat die uitslae van die derde Top 10 Merlot-kompetisie weer die algehele verbintenis tot gehalte deur Suid-Afrikaanse wynmakers wat Merlot maak, sowel as die streeks terroir-uitdrukking wat in die vervaardiging van hierdie wyne gevind word, onderstreep.

“As die top-verkoper enkelvariëteit rooiwyn in Suid-Afrika, was die ontbrekende skakel in die land se Merlot-aanbiedings maar altyd die gebrek aan ‘n kompetisie om dié variëteit te evalueer, én om erkenning aan die top-produsente te gee,” het Botha gesê.

Dawie Botha, voorsitter van die Hallo Merlot Forum en wynmaker by Anthonij Rupert Wyne, maak die aankondiging dat Kloovenburg die hoogste wyntelling behaal het en benewens die Top 10 plek ook ‘n vaatjie van Taransaud wen. By Dawie staan Mark Goldworthy van die borg en Duncan Stuart, wynmaker van Kloovenburg.

“Hierdie derde Hallo Merlot Top 10 het presies dit gedoen: 63 wyne is uit al die groot Kaapse wynstreke ingeskryf. Dit toon ‘n diversiteit van terroir, wat ingespan word deur ‘n kollektiewe verbintenis om uitstekende wyne van hierdie gewaardeerde Bordeaux-variëteit te maak. Plaaslike wyndrinkers koop meer Merlot as enige ander enkele rooi variëteit, en hierdie kompetisie poog om ‘n bewustheid te skep van die hoë wynmaak-standaard en die spesifieke streeksidentiteite wat in die land se Merlot-aanbieding voorkom.

Stellenbosch se Nilberg-landgoed het twee wyne in die Top 10 – die Merlot 2017 en Merlot Reserve 2018.

“Die gewildheid van Merlot is die gevolg van wynliefhebbers wat kwaliteit ervaar wanneer hulle hierdie wyn geniet, en die kompetisie wil ook hierdie feit vier.”

Die dag se wenners kon almal na die prys-uitdeling geproe word en hierdie oulike boekie het lekker proenotas en ander noodsaaklike inligting bevat.

Vanjaar se beoordelaars was Matthew Copeland (sameroeper) van Vondelingwyne, Jenna Higgins (Windmeulkelder), sommelier LeRoi Van de Vyver, Samarie Smith-Meletiou, Morné Vrey van Delaire Graff en Shane Mumba, sommelier en drank- ambassadeur, wat ook verbonde is aan die SA Brandewynstigting.

Natuurlik moet syfers onder die ouditeure se oë deur om seker te maak daar is niks verkeerd nie. Gerhard Botha en Albert Louw het Theron du Plessis verteenwoordig. In die middel staan Dawie Botha, voorsitter van die Hallo Merlot Forum en wynmaker by Anthonij Rupert Wyne.

Agrimark het ook vanjaar as borg van die kompetisie deelgeneem. Hier staan hul verteenwoordiger, Jan van Niekerk, saam met James Atterbury, Wine of the Month-klub

Matthew het in sy beoordelaars-terugvoer gesê agt van die Top 10 Merlots is ouer as vyf jaar en dit maak hom opgewonde. Dis ’n veer in Merlot se hoed. En dié wat jonger is, toon die ongelooflike verouderingspotensiaal van dié variëteit.”

Lees ook: Dis weer fliektyd met kykNET Silwerskermfees

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

3 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

3 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

1 day Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

1 day Gelede

Red hierdie winter jou vel

Die African Extracts Multi-Purpose Tissue Oil vir jou gesig, liggaam en hare is die perfekte…

1 day Gelede

Die Mej. SA-werklikheidsprogram, ‘Crown Chasers’ keer vanaand terug

Kykers kan uitsien na 'n nuwe aanbieder, nuwe beoordelaars en 'n nuwe groep deelnemers wat…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.