Tussen die gesels en proe met wynmakers deur, het almal iets te ete geniet en lekker met vriende gekuier onder die koel prieel in Short Street – die middelpunt van die partytjie.
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die jaarlikse Swartland Street Party is weer die afgelope naweek in Short Street, op Riebeek-Kasteel gehou. Die partytjie gee aan wynroete-lede die geleentheid om informeel met hul wynliefhebbers te kuier en ook aan partytjiegangers die kans om nuwe wyne van hul gunsteling kelders te proe.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die dag se kaartjie sluit verskeie peuselhappies, water en ‘n koffie in en een van die hoogtepunte van die dag is die gin en tonic op die Royal Hotel se stoep.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Tussen die gesels en proe met wynmakers deur, het almal iets te ete geniet en lekker met vriende gekuier onder die koel prieel in Short Street – die middelpunt van die partytjie.
Altesaam 25 wynprodusente uit die groter Swartland, het die partytjie bygewoon. Meer as 500 partygangers kon skouer skuur met ander wynliefhebbers en hul gunsteling-wynmakers.
“Riebeek-Kasteel se prentjiemooi midde-dorp is die ideale agtergrond vir hierdie gesellige onpretensieuse kuier en skep net die regte kleindorpse atmosfeer wat die produsente wil uitbeeld. Dit is vir ons belangrik dat mense hulself geniet en kans kry om ons produsente van naderby te leer ken. Dit kan net gedoen word indien dit die intieme geleentheid bly waartoe die perseel hom toe leen,” vertel Jolene Janse van Rensburg, bestuurder van die Swartland Wine and Olive Route, wat die partytjie georganiseer het.
Die jaarlikse straatpartytjie is nou al wyd en syd bekend en die vallei het behoorlik uit sy nate gebars van al die gaste van buite die Swartland.
Die Swartland is bekend vir sy andersdenkende wynmakers en verskeie van die sogenaamde Revoltion-wynmakers wat as die Swartland Independent Producers bekend is, was ook daar.
Die naweek het Vrydagaand al afgeskop met langtafel-etes by verskillende plekke in die vallei. Saterdagaand was daar ook op verskeie plekke nog partytjies met lewendige musiek en selfs geleentheid om bietjie te dans.
Vanjaar se straatpartytjie het sommer al Vrydagaand afgeskop met langtafel-etes by verskillende plekke in die vallei. Hier klink Eben Sadie van Sadie Family Wines en Wim Smit van Hofstraat Wynkelder, ‘n glasie vonkelwyn by Au Bouchon Rouge Brasserie.
Jolene vertel verder: “Die streek en sy rock-ster wynmakers het oor die afgelope 15 jaar hulself in mense se harte ingewoel met hul wêreldklas wyne en charismatiese persoonlikhede. Dit, en die feit dat die Swartland met sy besonderse plattelandse landskap op die drumpel van Kaapstad geleë is, maak van die partytjie ‘n gewilde wegbreek naweek.”
Net ‘n vinnige verwysingskaart as jy jou gunsteling wynmaker wou gaan opsoek.
Sy sê voorts dat die Swartland maak by uitstek baie goeie Shiraz en Chenin blanc enkelkultivar- en versnitwyne. Ligter-styl rooiwyne, soos Tinta Barocca, Grenache Noir, Cinsault uit die streek raak ook al hoe meer gewild.
Lees ook: Roodeberg vier 75 jaar van erfenis, herinneringe en samesyn
Hier is 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak om te oefen: Oefen…
Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie…
Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in…
In die vierde episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se koswerklikheidsreeks waar vlamme en…
Vir 2 middelslagterte Bestanddele Deeg: 500 ml (2 k) meel 10 ml (2…
Hierdie webwerf gebruik koekies.