Deur Vickie de Beer. Foto: Lee Schwagele: CRPhotographic
Genoeg vir vier.
Bestanddele
- 2-3 roosmaryntakkies
- 2 k (500 ml) bosbessiesap
- 1 k (250 ml) rooiwyn
- 2 k (500 ml) sodawater
- 1 k (250 ml) swartbessies
- ’n handvol kruisementblare
Metode
- Verhit die bosbessiesap en roosmaryn in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt en trek van die hitte af. Laat afkoel.
- Meng die wyn en kruiesap en sit vir sowat 2 uur in die yskas.
- Voeg die sodawater net voor opdiening by die wynmengsel en sit voor met ys, swartbessies en kruisementblare.