kategorieë: FiksheidGesondheid

Swart toonnaels weens hardloop

Deur Anet Schoeman. Foto Freepik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis somer en tyd vir fyn sandale en mooi naellak. Maak seker jou voete trek hierdie seisoen om die regte redes aandag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek hardloop en sukkel met pynlike tone en swart toonnaels

Jou voete ondersteun jou hele liggaam as jy hardloop en soms kan die ekstra hoeveelheid bloed wat in jou voete (en dus onder jou toonnaels) poel, veral tydens langer afstande, jou tone laat pyn. Swart toonnaels doen nie veel vir fraai sandale nie, maar gelukkig is dit nie gevaarlik nie en kan boonop maklik verhoed word. Dit gebeur wanneer die tone te veel druk tydens hardloop ervaar. Die klein haarbloedvate onder die naels bars en die bloed versamel onder die nael waar dit dan droog word en swart vertoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat veroorsaak dit?

Die verhoogde drukking mag veroorsaak word deur nuwe skoene, stywe sokkies of skoene wat nie ordentlik pas nie. Die teendeel, waar voete te los in die skoene is, kan ook die probleem wees. Dit kan veroorsaak dat die tone gedurig voor teen die skoen stamp en klein bloedvate laat bars. Lang toonnaels wat verby die toon se punt steek, kan ook probleme veroorsaak.

Hoe verhoed jy dit?

Maak seker jou skoene pas goed en moet nooit met nuwe skoene ’n wedren aandurf nie. As jy vind jou voete swel baie in warm weer kan jy dunner sokkies in die somer dra. Ongelukkig moet jy geduldig wees en wag dat die swart toonnaels uitgroei. Dra maar donker naellak en hoop maar jy verloor nie die nael nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kies die regte gootte skoene

Dra gemaklike skoene en maak seker dit is die regte grootte. Staan in jou oefenskoene en meet die afstand van jou tone tot die voorpunt van die skoen. Daar moet ongeveer 1,5 cm tussen jou toon en die voorpunt van die skoen wees. Tydens warm weer swel jou voete wat kan veroorsaak dat jou tone teen die voorpunt stamp. Maar oppas vir té groot skoene, dan gly jou voete vorentoe wat ook veroorsaak dat jou tone stamp.

Wenke vir gesonde toonnaels

  • Maak jou voete deeglik droog na jy in water was en droog veral goed  tussen die tone af.
  • Was jou voete met aandag en skrop die naels skoon om te verhoed dat vuiligheid onder naels probleme veroorsak.
  • Wissel skoene af sodat jy nie daagliks dieselfde skoene dra nie. Sodoende kry skoene kans om ordentlik uit te droog.
  • Hou naels kort en knip dit reguit om ingroei-toonnaels te verhoed. As jy dit rond vyl, kry die hoekies kans om in die vel te druk en dalk in te groei.

Lees ook: Skoonheidsgewoontes – onthou jou voete

Eet só vir gesonde naels

Toonnaels bestaan uit keratien wat ’n proteïen is en hoewel daar ’n verskeidenheid kwale is wat naels direk affekteer, is jou naels ook ’n goeie aanduiding van jou algemene welstand en kan dui op kwale wat jou lewer, niere en skildklier aantas. Ouderdom veroorsaak ook dat jou naels verdik en vergeel. As jy dus na tuisbehandeling nie hond haar afmaak nie, gaan sien jou huisdokter om seker te maak alles is reg.

Eet dit

  • Vitamien B12 (skulpvis, beesvleis, eiers, varkvleis en lewer) vir naels wat maklik breek, verdroog, verkleur en bros is. Lees ook: Tekens van lae vitamien B12-vlakke
  • Vitamien C om teen vry radikale te beskerm en infeksies en bros naels te voorkom. Lees ook: Vitamienes wat vasvat
  • Wit kolletjies op jou naels mag ’n aanduiding van ’n sinktekort wees. Sink kom voor in sojaboontjies, tofu, pampoen, groenboontjies, kaas en oesters en beskerm jou naels teen vry radikale.
  • Vitamien B7 – kom voor in melk, lewer, eiers, peule en neute.
  • Vitamien E – kom voor in koringkiem, mielies, olywe en neute.
  • Yster moet altyd saam met Vitamien C geneem word om absorpsie te verbeter. Yster kom voor in eiers, vis, vleis, peulgroentes en rosyne. Lees ook: Tekens van lae ystervlakke
  • Kalsium – kom voor in donker groen groentes, suiwelprodukte en tuna. Lees ook: Die beste melk vir kalsium

Lees ook: Witwarm wenke vir draftoerusting

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

14 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

15 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

18 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

19 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.