Swart sesamsaadkoek deur Vickie de Beer.
Bygestaan deur Martjie Malan Foto’s deur Lee Schwagele van www.crphotographic.co.za. Blomme deur Marida Steyn van Paradiso Flowers.
Swart sesamsaadkoek
Ingredients
- 1 klein 15 cm-koek met 2 lae
- Ons het blompatrone op eetbare versiersuikervelle laat druk en dit om die koek geplak voordat ons dit met angeliere getooi het.
- Swart sesamsaadpasta
- • 300 ml swart sesamsaad
- • ¼ k heuning
- Koek
- • 150 g swart sesamsaadpasta
- • 300 g (2 k) koekmeel
- • 10 ml (2 t) bakpoeier
- • 2,5 ml (½ t) koeksoda
- • 2,5 ml (½ t) sout
- • 170 g botter, by kamertemperatuur
- • 250 g (1 k) suiker
- • 2 groot eiers
- • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- • 310 ml (1½ k) melk
- Meringueversiersel
- • 125 ml eierwit (sowat 4 eierwitte)
- • 90 ml suiker
- • 1 ml sout
- • 2-3 druppels grys versiersel
Instructions
1 Verhit die oond tot 180 ˚C. Spuit twee 15 cm-koekpanne deeglik met kleefwerende kossproei, of smeer goed met botter.
Sesamsaadpasta
1 Maal die sesamsaadjies fyn in ’n koffiemaler of gebruik ’n stam-per en vysel. Gooi slegs 125 ml (½ k) van die gemaalde sade in ’n bakkie en meng die heuning goed deur. Hou eenkant.
2 Gooi die res van die gemaalde sesamsaad, die meel, bakpoeier, koeksoda en sout in ’n groot mengbak.
3 Gebruik ’n elektriese staanmenger met die spaan aangeheg. Verroom die botter en suiker tot lig en donsig, skraap die kante van die bak elke nou en dan met ’n spatel af.
4 Voeg die eiers, vanielje en sesam-en-heuning- pasta by die suikermengsel en meng goed deur. Voeg nou die meelmengsel en melk om die beurt in 3 sarsies by. Meng goed tussen elke byvoeging.
5 Verdeel die deeg tussen die pannetjies en bak vir 30-35 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat eers vir 5 min. in die pannetjies afkoel voor jy dit op draadrakkies uitkeer.
Meringueversiersel
1 Gooi die eierwitte, suiker en sout in ’n silwerskoon mengbak van ’n staanmenger. Sit dit oor ’n kastrol met pruttende water, maar die bak moenie aan die water raak nie. Klits die mengsel deurentyd terwyl die bak op die kastrol rus. Verhit totdat die suiker opgelos is.
2 Sit die mengbak in die staanmenger en heg die ballonklitser aan. Klits met ’n hoë spoed tot die mengsel stywe en blink punte vorm. Voeg 3-4 druppeltjies van die kleursel by en klits tot dit goed deurgemeng is. Smeer die meringue oor die hele koek en plak die versiersuikervelle bo-op.