Serves:Maak 1 groot koekNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
2 eiers
250 ml (1 k) olie
250 ml (1 k) karringmelk
15 ml (1 e) witwynasyn
5 ml (1 t) vanieljegeursel
15 ml (1 e) swart jel-voedselkleursel
375 g (2½ k) koekmeel
420 g (2 k) suiker
30 ml (2 e) kakao
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) sout
3 × hoeveelheid basiese roomkaasversiersel
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Roomkaasversiersel
Genoeg vir sowat 3 koekies
250 g (250 ml) roomkaas
80 g versiersuiker
10 ml (2 t) suurlemoensap
Instructions
1 Smeer twee 17,5 cm-koekpanne. 2 Klop die eiers liggies in ’n middelslag-glasbak. Voeg die olie, karringmelk, asyn, vanielje en voedselkleursel by en meng goed. 3 Sif die koekmeel, suiker, kakao, koeksoda en sout in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en voeg die eiermengsel by. Meng goed deur met ’n draadklopper. Die mengsel is baie loperig. 4 Verdeel die beslag tussen die pannetjies. Bak vir 30 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. 5 Wanneer die koek liggies in die middel gedruk word, moet dit terugbons. Laat die koek vir 10 min. in die panne afkoel, keer op ’n metaalrak uit en laat heeltemal afkoel. 6 Sny die koeke versigtig middeldeur. 7 Smeer ’n dik laag versiersel op drie van die koeke. Plaas die ander koek bo-op en druk liggies vas. Smeer die hele koek met roomkaasversiersel en sit in die yskas tot benodig.
Roomkaasversiersel
Klop die roomkaas glad met ’n elektriese menger. Sif die versiersuiker by en meng goed deur. Meng die suurlemoensap by en meng weer goed.