Deur Salomé Delport.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Menorrhagia, die Griekse woord vir swaar menstruasie, versuur baie vroue se lewe. ’n Vriendin vertel hoe sy op ’n snikhete dag in die Namib-woestyn verlangend langs ’n swembad gesit het, maar weens haar swaar menstruasie, wat letterlik deur niks gekeer kon word nie, nie kon waag om in die water te gaan nie. “Dit het my lewe op alle vlakke geraak en oorheers. Dit het my so magteloos soos ’n skoolkind laat voel wat net begin menstrueer het. My lang maandstondes het ook my verhouding met my man beïnvloed, want ek was dan prikkelbaar en dit het ook later gevoel of daar nooit ’n geleentheid vir intimiteit was nie. Dit het gevoel of menstruasie my lewe oorneem.” Ná ’n gedeeltelike histerektomie het haar probleme tot die verlede behoort.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Wat is dit?
Die endometrium is die voering van die baarmoeder wat elke maand vir ’n swangerskap gereed maak. As daar nie bevrugting is nie, breek die endometrium af en jy menstrueer. Endometriose is ’n chroniese siekte waar weefsel wat ooreenstem met die voering van die baarmoeder op ander plekke in die liggaam gevind word (soos die eierstokke en ander organe in die buik).
Daar is verskeie teorieë vir die oorsaak, maar daar word vermoed dat van hierdie endometriële weefsel soms tydens menstruasie terugbeweeg in die ingewande (waarskynlik deur die fallopiese buise) en dan op ander plekke gaan vassit waar die weefsel elke maand net soos die endometrium in die baarmoeder groei.
Dit veroorsaak dan bloeding, wat letsels vorm en baie pynlik kan wees. Pyn is ook nie verteenwoordigend van die graad van die letsels nie. Sommige vroue het net ’n paar letsels en kla van verlammende pyn. Ander het baie meer, maar sukkel nie soveel nie.
Wat is die simptome?
Wat kan jy doen?
Hoewel daar nie ’n kuur vir endometriose is nie, kan dit baie goed beheer word. Dis belangrik om behandeling te kry om permanente skade te keer wat vrugbaarheid kan aantas en selfs tot urinêre en fekale inkontinensie kan lei.
Hoe word dit gediagnoseer?
Die enigste manier om ’n akkurate diagnose te maak, is met ’n laparoskopie. Dis natuurlik ingrypend en duur en die meeste dokters sal eerder die simptome dophou en die behandeling vir die individu aanpas. “Die meeste vroue het waarskynlik ’n baie klein mate van endometriose wat nie genoeg is om ’n wesenlike probleem te skep nie,” verduidelik ’n ginekoloog. “Dis maar net 10% van vroue waar die situasie erg genoeg is dat dit hul lewe aantas.”
Behandeling
Hillary (47) het nog altyd met swaar en pynlike menstruasie gesukkel. Sy is ’n verpleegkundige en het vroeg in haar twintigerjare vermoed dat sy endometriose het. Die probleem is by haar ouer suster gediagnoseer en was ook een van die faktore wat tot haar suster se infertiliteit bygedra het. By Hillary is dit eers onomwonde in haar vroeë dertigerjare as endometriose gediagnoseer.
“Dit was ook nie net pynlik tydens maandstonde nie, ek het die hele maand erge pyn gehad. Ek het maar aanvaar dit is die norm vir vroue. Toe ek beheer oor my blaas en rektum verloor, was ek moedeloos en depressief. Ek moes al noodgedwonge op ’n parkeerterrein urineer en in my motor ’n stoelgang passeer. Van die endometriële weefsel het ook op die senuwees in my lies gegroei wat pyne in my bene veroorsaak het. Ek was toe ’n mediese verteenwoordiger en moes baie reis. Dit het my werk benadeel, want die pyn was verlammend. Ek was so depressief dat ek aan selfmoord begin dink het.
“Gelukkig het ek op 32 by ’n ander ginekoloog uitgekom omdat myne met vakansie was, en vir die eerste keer is daar werklik na my probleem gekyk. Ek het deur die loop van sewe jaar 14 klein operasies gehad om geleidelik die endometriële letsels te verwyder wat oral in my blaas en ingewande was. Dit het ’n groot verskil gemaak en hoewel my blaasbeheer steeds nie goed is nie, het ek beheer oor my rektum teruggekry. Ek was ook op verskeie ander hormonale behandelings sonder enige groot uitwerking.
“Ek het die dokter gesmeek vir ’n histerektomie sodat ek sonder pyn kon wees. Ek was nie in ’n permanente verhouding nie en het nog nie kinders gehad nie. Die ginekoloog wou wag tot ek veertig is sodat ek nie later spyt is dat ek nie kinders kan hê nie. Dit beteken ook dat jy daarna hormoonterapie (soos in die menopouse) moet kry omdat jy nie meer eierstokke het om estrogeen te vervaardig nie.
“Op 39 kon ek nie meer nie en het hy ingestem om ’n histerektomie te doen waar die eierstokke ook verwyder is. Vanweë my suster se onvrugbaarheid het ek in elk geval vermoed dat ek ook nooit swanger sal kan word nie. Die histerektomie het my lewe verander. Eindelik was ek sonder pyn.”
“Ek sal jong meisies wat sukkel met pynlike menstruasie aanraai om meer as een mening te kry. Daar is goeie behandelings wat die probleem in bedwang hou en permanente skade voorkom.”
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.