kategorieë: Ontspanning

Suzelle DIY word ’n moewiester

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Anastasopoulos speel die rol van Tali, ’n self-obsessiewe prinses van Sandton wat na Kaapstad verhuis. Sy huur ’n dokkie-kameraspan om die opbou na haar troue met die eiendomsagent-verloofde, Darren, te verfilm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tali’s Wedding Diary is die eerste in Showmax se reeks oorspronklike produksies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tali se karakter is gebaseer op die van Anastasopoulos se SuzelleDIY-karakter.

Lees ook: Lag-lag doen Suzelle dit self

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sedert SuzelleDIY op YouTube bekendgestel is, is meer as 70 video’s vervaardig wat byna 22 miljoen kykers gelok het. Een van die video’s, How To Make A Cinderblock Bench, het meer as 2,5 miljoen kykers gelok.

Ari Kruger, mede-skepper en regisseur van Tali’s Wedding Diary, is ’n ervare regisseur van advertensies, musiekvideo’s en aanlyn-inhoud. Sy kortfilms het al groot aandag aanlyn getrek en is by rolprentfeeste wêreldwyd vertoon.

In 2014 het hierdie kreatiewe vennootskap hul vaardighede en passie vir komedie gekombineer en ’n projek buite hul kommersiële werk ontwikkel. SuzelleDIY is nou ’n volskaalse handelsnaam en besigheid. Julia en Ari het sedertdien ’n produksiemaatskappy, Sketchbook Studios, begin wat SuzelleDIY ,asook ’n verskeidenheid nuwe karakters vir die aanlyn-mark produseer.

Anastasopoulos sê toe sy en Ari Showmax genader het, het hulle geweet hulle het ’n goeie konsep beet, maar hulle was nie seker of die produksie aanvaar sou word nie. “Dit is moeilik om in Suid-Afrika steun te kry vir ’n produksie. Showmax het dadelik gehou van wat ons probeer doen. Dit is presies die soort ondersteuning wat die rolprentbedryf in hierdie land nodig het,” sê sy.

Benewens Tali’s Wedding Diary werk hulle ook aan iNumber Number, ’n oorspronklike medeproduksie met Mzansi Magic. iNumber Number is ’n misdaad- en korrupsiedrama-reeks gebaseer op die bekroonde gelyknamige 2013-fliek.

Chris Savides, uitvoerende hoof van Showmax Africa, sê dit is deel van hul strategie om Afrika-produksies te steun. “Daar is ongelooflike talent en kundigheid op hierdie vasteland, so hoekom moet mens elders soek as jy outentieke, plaaslik relevante stories wil vertel? ”

Tali’s Wedding Diary is ’n reeks van agt episodes wat in Desember 2017 op Showmax uitgesaai sal word. Elke episode sal ongeveer 20 minute lank wees.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

8 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

9 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

10 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

12 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

3 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.