Deur Catherine Schenck. Foto: rooi rose
Julia Anastasopoulos het gister ’n foto op Instagram gedeel waar sy by Chapman’s-piek staan en ’n duidelike babamagie vashou. Sy het nie veel meer inligting as dit gedeel nie, behalwe vir ’n paar emojis wat sterre, ’n gesiggie met ’n glimlag en ’n babatjie ingesluit het. Anastasopoulos is getroud met die regisseur en vervaardiger Ari Kruger, wat saam met haar Suzelle DIY en Tali’s Wedding Diary geskep en vervaardig het.
Ons kan nie wag om haar bondeltjie vreugde te ontmoet nie.
Lees ook ons onderhoud met Julia hier
https://www.instagram.com/p/Bf6S3nnHTdO/?hl=en&taken-by=julia_knolc