kategorieë: Blogs

Suutjies trap

‘Versigtigheid is die moeder van die wysheid,’ lui een van die vermanings waarmee ek grootgeword het. Gehoorsame spruit wat ek was, het ek mooi geluister en my bes gedoen om sagkens met die huisraad en my huisgenote om te gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sedertdien het ek begin wonder. Versigtigheid hou dalk fyn porseleinkoppies en ego’s heel, maar dit het ook ‘n skadukant. Waar sou ons gewees het as ontdekkingsreisigers versigtig was om ongekarteerde oseane te trotseer, pioniers liewer nie onbekende landskappe aangedurf het of die eerste vlieglustiges dit die lug in gewaag het nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Emosionele oorversigtigheid kan vernietigend wees. Wanneer knelkwessies verswyg word om ander se gevoelens te spaar of ‘n ontploffing te verhoed, bring dit meestal nie ‘n oplossing nie. Inteendeel: die probleem word mettertyd te groot en swaar om op die tafel te sit, en ‘n verhouding kan heelhuids in dié massa verdwyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As versigtigheid nie aldag die antwoord is nie, wat staan ‘n gebore suutjies-loper te doen?

Dalk help dit om ‘n studie van vloermoere te maak. Ek wonder nog altyd hoe dit voel om twee jaar oud te wees en die alleswetende, alomteenwoordige grootmenskorps minute lank in absolute magteloosheid te laat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Alternatiewelik kan ek ‘n tiener shadow. Tieners skroom nie om die waarheid in sy volle glorie bloot te lê nie, en hulle is seker van hulle saak. Hoe jonger hulle is, hoe sekerder is hulle.

Anders moet ek ‘n Griekse restaurant met ‘n spesiale aanbod op borde gooi besoek. Of nee, dis steeds die versigtige opsie. Ek ken ‘n oulike porseleinwinkel. Het iemand dalk vir my ‘n bul-kostuum?

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Twee karakters, een aktrise: Sandi Schultz se mees uitdagende rol tot nou toe

Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…

16 hours Gelede

Romerige hoenderlasagne

Deur Vickie de Beer. Foto deur CRPhotographic

17 hours Gelede

Rob Hersov op ‘Laataand by Rian’: “Raak van sosialistiese- en rasgedrewe wetgewing ontslae”

Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…

20 hours Gelede

Schané Fouché: Skoonheid wat straal

Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet           Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…

21 hours Gelede

Lieflike Lika verjaar! “My ma is die perfekte rolmodel, sy voel vere van wat ander van haar dink”

Deur Maretta Bellingan Foto's, hare en grimering: Willem Botha & Willem Botha Beauty    …

22 hours Gelede

Hoe weet jy jy het nierskade?

Die meeste van ons het twee niere. Elke nier het meer as vyf keer die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.