Suurlemoentertjies
Serves: 6 klein tertjies, of 1 groot
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Genoeg vir 6 tertjies of 1 groot tert
- Gebruik die resep van die suurlemoen brûlée-tertdeeg ook vir dié tertjies. Maak die tertdeeg, voer 6 tertpannetjies daarmee uit en bak blind.
- Meringue
- 2 eierwitte
- 125 ml (½ k) strooisuiker
- Vulsel
- 250 ml (1 k) suurlemoensmeer
- 250 ml (1 k) mascarponekaas
Instructions
1 Meringue: Sit ’n hittebestande mengbak op ’n kastrol met stadig pruttende water en klop die eierwitte daarin tot sagte punte vorm.
2 Voeg die suiker bietjie vir bietjie by en klop deurentyd tot ’n blink en stywe meringue. Voel kort-kort aan die onderkant van die meringuebak sodat dit nie te warm word en die meringue laat skif nie. Dié proses “kook” die eierwitte.
3 Meng die suurlemoensmeer en mascarpone en skep in die tertkorse. Skep eetlepels vol van die meringue op sodat dit punte maak.
4 Sit die tertjies onder die oondrooster of brand met ’n blaasvlam bruin.
Lees ook: Resep vir suurlemoenbrood
Lees ook: Resep vir suurlemoenkoek
Anelle Tewson