Instructions
Kolwyntjies
1 Verhit die oond tot 180 °C.
2 Sit 12 kolwyntjiepapiertjies in ’n kolwyntjiepan.
3 Klits die room, strooisuiker en eiers in ’n groot mengbak tot glad.
4 Voeg die meel en suurlemoenskil geleidelik by en hou aan klits tot die mengsel dik en glad is.
5 Verdeel die mengsel in die kolwyntjiepan en bak vir 15-20 min. of totdat die kolwyntjies van die kante af los kom.
6 Laat in die pan afkoel.
Suurlemoensmeer
7 Verhit die suurlemoensap en botter in ’n kastrolletjie en prut tot die botter gesmelt het.
8 Voeg die suiker, eier en eiergele by en kook oor ’n lae hitte.
9 Roer deurentyd totdat die mengsel dik en glansend is. Laat afkoel.
Meringue 10 Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium, voeg strooisuiker geleidelik (’n eetlepel op ’n slag) by en klits ná elke byvoeging totdat die suiker opgelos is.
11 Skep die meringue in ’n spuitsak met ’n ronde tuit.
Bou die kolwyntjie
12 Stel die oondrooster op matige hitte.
13 Sny ’n gaatjie bo-in elke kolwyntjie en vul met 1-2 teelepels suurlemoensmeer.
14 Spuit meringue-soentjies op elke kolwyntjie en sit onder die oondrooster vir 60-90 sek. of tot goudbruin. Hou maar fyn dop.