Suurlemoen-meringue-blompotkolwyntjie
Ingredients
- Meringue
- 125 ml (100 g) suiker
- 2 eierwitte
- 5 ml vanieljegeursel
- Kolwyntjie
- 12 x suurlemoenkolwyntjies bedruip met suurlemoen-en-Limoncello-stroop
- 125 ml (½ k) suurlemoensmeer (lemon curd)
- 250 ml (1 k) basiese botterversiersel-meringuevormpies
Instructions
Meringue
1 Klits die eierwitte met 2 e van die suiker tot sagte punte vorm. Voeg nou die suiker ’n eetlepel op ’n slag by en klits tussen elke byvoeging.
2 Klits tot die eierwitte stywe punte vorm.
3 Verdeel, skep in spuitsakke met verskillende spuitpunte en spuit klein patroontjies op die bakpapier. Probeer om blommetjies en skulpvormpies te maak.
4 Bak vir sowat 15 minute, skakel die oond af en laat staan nog 2 uur in die oond om uit te droog.
5 Verseël lugdig tot benodig, anders word die meringues vogtig en taai.
Kolwyntjie
1 Sny doppies uit die bokant van elke kolwyntjie en vul die gaatjie met ’n eetlepel suurlemoensmeer.
2 Sny die doppie gelyk onder en sit weer op die gaatjie.
3 Spuit botterversiersel met ’n sterspuitpunt in die middel van elke kolwyntjie of smeer dit op.
4 Pak die blom- en ander patrone om die versiersel