Suurlemoenjogurt panna cotta
Serves: Genoeg vir 16
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 500 ml (2 k) room
- 250 ml (1 k) melk
- 20 ml (4 t) gelatien
- 60 ml (1/4 k) water
- 250 ml (1 k) versiersuiker, gesif en gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 60 ml (1/4 k) suurlemoensap
- 360 ml ongegeurde jogurt
- bloubessies om mee voor te sit
Instructions
1 Verhit die room en melk in ’n middelslagkastrol en laat vir 5-6 min. prut.
2 Meng die gelatien en water en hou eenkant om te spons.
3 Verwyder die roommengsel van die hitte en voeg die versiersuiker by. Roer tot die versiersuiker opgelos is. Voeg die gelatien, suurlemoenskil en suurlemoensap by en meng goed.
4 Klits die jogurt by en verdeel in plastiekbakkies met ’n inhoudsmaat van 125 ml. Laat vir minstens 4 uur in die yskas set. Sit voor met die bloubessies.
Rooi Rose
Lees Meer
Pistasieneut-en-bosbessie-nougat
24/01/2025
Nektarientert
23/01/2025
Die lekkerste botterbroodjies (skons)
21/01/2025