Suurlemoene gevul met suurlemoensorbet

Suurlemoene gevul met suurlemoensorbet deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gillionelle Kaba. Foto’s deur Lee Schwagele van crphotography.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 12 suurlemoene.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 12 suurlemoene, bokante afgesny (behou die doppies) en die vlees met ’n teelepel uitgeskep. Behou 6 van die suurle-moene se vlees vir die sorbet en vries die res vir ’n ander keer.
  • 1,2 liter kokende water
  • 360 g witsuiker
  • gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • uitgedrukte sap van die 6 suurlemoene
  • 1 eierwit

Metode

  1. Meng die water en suiker in ’n middelslagkastrol oor lae hitte. Voeg die suurlemoenskil by. Roer die suikerwater terwyl dit nog nie kook nie om te verseker dat die suiker smelt. Moenie dat die mengsel kook voor die suiker nie gesmelt is nie, anders sal suikerkristalle vorm.
  2. Sodra die suiker gesmelt is, kan jy dit vir 10 min. liggies laat prut. Trek van die hitte af en laat afkoel. Skep die suurlemoenskil uit. Gooi die uitgedrukte suurlemoensap by en roer deur.
  3. Gooi dit in ’n roomyskarring en karring tot die sorbet dik en wit raak. Skep die sorbet in die suurlemoene, sit die doppies op en sit oornag in die vrieskas. Sit yskoud voor.
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.