Suurlemoene gevul met suurlemoensorbet deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gillionelle Kaba. Foto’s deur Lee Schwagele van crphotography.co.za
1. Meng die water en suiker in ’n middelslagkastrol oor lae hitte. Voeg die suurlemoenskil by. Roer die suikerwater terwyl dit nog nie kook nie om te verseker dat die suiker smelt. Moenie dat die mengsel kook voor die suiker nie gesmelt is nie, anders sal suikerkristalle vorm. 2. Sodra die suiker gesmelt is, kan jy dit vir 10 min. liggies laat prut. Trek van die hitte af en laat afkoel. Skep die suurlemoenskil uit. Gooi die uitgedrukte suurlemoensap by en roer deur. 3. Gooi dit in ’n roomyskarring en karring tot die sorbet dik en wit raak. Skep die sorbet in die suurlemoene, sit die doppies op en sit oornag in die vrieskas. Sit yskoud voor.Suurlemoene gevul met suurlemoensorbet
Ingredients
Instructions