100 g - 150 g (afhangende van die grootte van die suurlemoene) mozzarella, in blokkies gesny
5 ansjovisfilette, gekap
12 kersietamaties, middeldeur gesny
24 groot basiliekruidblare, afgespoel
½ Franse brood
30 ml (2 e) olyfolie
Instructions
Sny doppies aan die bokant van elke suurlemoen af en hol die vlees van elke suurlemoen met ’n skerp messie uit sodat dit ’n bakkie vorm (hou elkeen se doppie). Jy hoef nie die suurlemoene heeltemal skoon te maak nie - ’n bietjie suurlemoen in die bakkie kan net ekstra geur verleen.
Verdeel die res van die bestanddele en vul elke suurlemoen daarmee, probeer om elkeen so vol moontlik te pak. Geur met sout en peper en plaas elkeen se doppie terug.
BEREI INTUSSEN DIE CROSTINI: Sny die Franse brood oorlangs in dun snye en smeer elke sny aan albei kante met ’n bietjie olyfolie. Rooster onder die oondrooster tot goudbruin aan albei kante, of gebruik ’n riffelpan. Hou eenkant.
Plaas die suurlemoene, met hul doppies op, op die rooster oor die kole. Laat dit rooster tot die mozzarella heeltemal gesmelt het. Sit met die crostini voor. Elke gas skep die warm, gesmelte inhoud op die broodjies en smul!