Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Voer twee 20 cm-panne met bakpapier uit en smeer met botter.
Suurlemoenkoek
2 Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam en hou eenkant.
3 Klop die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die eiergele geleidelik by en klop goed ná elke byvoeging tot die mengsel weer lig en donsig is. Voeg die suurlemoenskil en vanielje by.
4 Voeg die meelmengsel en suurroom om die beurt by die mengsel. Begin en eindig met die meelmengsel.
5 Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne en bak vir 50-55 min. tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat vir 10 min. in die pannetjies afkoel en keer op ’n afkoelrak uit.
Maak intussen die klapperversiersel
6 Meng die botterversiersel en klapper en hou eenkant.
7 Sny elke koek middeldeur en smeer elke helfte met suurlemoensmeer en klapperversiersel.
8 Stapel die koeke opmekaar. Sit vir 20 min. in die yskas.
9 Versier die koek met die meringueversiersel.
10 Brand die meringue liggies met ’n blaasvlam om kleur te gee. Sit dadelik voor.