Suurlemoen-meringue-koek
Ingredients
- Maak 1 groot koek
- Suurlemoenkoek
- 540 g (4 k) meel, gesif afgemeet
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- 5 ml (1 t) koeksoda
- ’n knypie sout
- 360 g botter
- 440 g (2 k) strooisuiker
- 8 eiergele
- gerasperde skil van 4 suurlemoene
- 10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
- 320 ml (1¼ k) suurroom
- Basiese suurlemoensmeer
- Dit maak sowat 375 ml (1½ koppie)
- 1 Smelt 155 g botter in die mikrogolf.
- 2 Gooi die sap van 3 groot suurlemoene, 340 ml suiker en 2,5 ml sout by en meng goed.
- 3 Klits 5 eiers baie goed en roer by die suurlemoenmengsel in.
- 4 Mikrogolf vir 4 min. aaneen op 100% krag. Haal uit en roer. Mikrogolf dan vir sowat 1 min. op ’n slag en roer ná elke minuut vir sowat 10 min. tot die mengsel verdik.
- 5 Laat afkoel.
- Botterversiersel
- Genoeg vir sowat 2 koppies
- Klop 500 g sagte botter met ’n elektriese menger tot lig en donsig en gooi 500 g gesifte versiersuiker by. Klop verder tot glad en voeg 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak by.
- Italiaanse meringue-versiersel
- Genoeg om 1 groot koek toe te smeer
- 1 Klop 110 g eierwitte met ’n elektriese menger tot sagtepuntstadium en voeg 30 g strooisuiker by.
- 2 Verhit 300 g strooisuiker en 100 ml water oor lae hitte in ’n klein kastrol.
- 3 Draai die hitte hoër en verhit tot 113 °C.
- 4 Gooi die suikerstroop in ’n egalige stroompie by die eierwitte en klop tot die mengsel heeltemal afgekoel het.
- Klapperversiersel
- 1 x hoeveelheid botter-versiersel (hierbo aangedui)
- 250 ml (1 k) fyn klapper, liggies gerooster
- 1 x hoeveelheid Italiaanse meringue (hierbo aangedui)
- 1 x hoeveelheid suurlemoensmeer (hierbo aangedui)
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Voer twee 20 cm-panne met bakpapier uit en smeer met botter.
Suurlemoenkoek
2 Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam en hou eenkant.
3 Klop die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die eiergele geleidelik by en klop goed ná elke byvoeging tot die mengsel weer lig en donsig is. Voeg die suurlemoenskil en vanielje by.
4 Voeg die meelmengsel en suurroom om die beurt by die mengsel. Begin en eindig met die meelmengsel.
5 Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne en bak vir 50-55 min. tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat vir 10 min. in die pannetjies afkoel en keer op ’n afkoelrak uit.
Maak intussen die klapperversiersel
6 Meng die botterversiersel en klapper en hou eenkant.
7 Sny elke koek middeldeur en smeer elke helfte met suurlemoensmeer en klapperversiersel.
8 Stapel die koeke opmekaar. Sit vir 20 min. in die yskas.
9 Versier die koek met die meringueversiersel.
10 Brand die meringue liggies met ’n blaasvlam om kleur te gee. Sit dadelik voor.