Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n vlak 20 x 30 cm-pan met kleefwerende kossproei. 1 Klits die botter en suiker met ’n elektriese klitser tot lig en donsig. Voeg die meel en klapper by en meng goed. Druk die deeg in die pan vas. Bak vir 10-12 min. of tot ligbruin. 2 Smeer die marmelade op die deeg terwyl dit nog warm is. 3 Bolaag: Klits die botter, skil en suiker in ’n mengbak tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Roer die klapper en die meel by. 4 Skep op die kors en maak gelyk. Bak vir 20 min. of tot ferm. Laat in die pan afkoel en sny in ewe groot blokke.