Instructions
Basiese soetkoekies
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2 Room die botter en suiker in ’n groot mengbak tot lig en donsig.
3 Voeg die vanieljegeursel en eier by en klits tot goed gemeng.
4 Voeg die koekmeel, bakpoeier en sout by en meng goed.
• Om ronde koekies te maak
Rol die deeg in balletjies (sowat 25 g elk) en sit op die voorbereide bakplaat. Druk hulle met ’n vurk of jou duim effens platter.
• Om vorms uit die deeg te druk
Rol die deeg so dun moontlik op ’n skoon werksvlak uit wat liggies met meel bestuif is. Bak vir 10-12 min. of tot goudkleurig en gaar.
Grenadellasmeer
1 Meng die grenadella, suiker en botter in ’n klein kastrol en verhit oor matige hitte. Roer tot die suiker opgelos is.
2 Klits die eiers, eiergeel en mielieblom met ’n elektriese klitser in ’n groot mengbak. Gooi die grenadellamengsel by terwyl jy die eiers deurentyd klits.
3 Gooi die mengsel terug in die kastrol en verlaag die hitte. Roer deurentyd vir 4-5 min. of totdat die mengsel verdik. Wees versigtig, want die eiers kan maklik skif.
4 Trek van die hitte af en gooi in ’n klein bakkie.
5 Bedek met kleefwerende plastiek en sit vir 1 uur in die yskas om af te koel.
6 Smeer die mengsel tussen die suurlemoenkoekies.