Suurlemoen-en-klapper-koekies
Ingredients
- Basiese soetkoekies
- Genoeg vir 24 koekies
- • 180 g botter
- • 200 g strooisuiker
- • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
- • 1 eier
- • 240 g koekmeel
- • 2,5 ml (½ t) bakpoeier
- • 2,5 ml (½ t) sout
- Gebakte karamel
- Ons het hierdie idee op een van ons gunsteling-kosblogs, TheKateTin, raakgeloop. Jy maak jou eie karamelkondensmelk deur kondensmelk in die oond te bak – dis baie veiliger as ons ou drukkokermetode!
- • 2 x 360 g-blikkies kondensmelk
- 1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
- 2 Gooi die kondensmelk in ’n dieperige oondpan en maak die pan met foelie toe. Sit die oondpan in ’n groter oondpan en maak die onderste oondpan vol water.
- 3 Bak vir 4 uur of tot goudkleurig. Hou maar fyn dop, want almal sal lepelsvol steel!
- 4 Smeer die karamel op die basiese soetkoekies en plak opmekaar.
- Suurlemoen-en-klapper-koekies
- 1 Maak die basiese soetkoekieresep en voeg die gerasperde skil van 2 suurlemoene, 100 g fyn klapper en 15 ml suurlemoensap by.
- Grenadellasmeer
- Genoeg vir 250 ml
- • 115 g vars of geblikte grenadellapulp
- • 90 g suiker
- • 65 g botter
- • 2 eiers
- • 1 eiergeel
- • 30 ml (2 e) mielieblom
Instructions
Basiese soetkoekies
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2 Room die botter en suiker in ’n groot mengbak tot lig en donsig.
3 Voeg die vanieljegeursel en eier by en klits tot goed gemeng.
4 Voeg die koekmeel, bakpoeier en sout by en meng goed.
• Om ronde koekies te maak
Rol die deeg in balletjies (sowat 25 g elk) en sit op die voorbereide bakplaat. Druk hulle met ’n vurk of jou duim effens platter.
• Om vorms uit die deeg te druk
Rol die deeg so dun moontlik op ’n skoon werksvlak uit wat liggies met meel bestuif is. Bak vir 10-12 min. of tot goudkleurig en gaar.
Grenadellasmeer
1 Meng die grenadella, suiker en botter in ’n klein kastrol en verhit oor matige hitte. Roer tot die suiker opgelos is.
2 Klits die eiers, eiergeel en mielieblom met ’n elektriese klitser in ’n groot mengbak. Gooi die grenadellamengsel by terwyl jy die eiers deurentyd klits.
3 Gooi die mengsel terug in die kastrol en verlaag die hitte. Roer deurentyd vir 4-5 min. of totdat die mengsel verdik. Wees versigtig, want die eiers kan maklik skif.
4 Trek van die hitte af en gooi in ’n klein bakkie.
5 Bedek met kleefwerende plastiek en sit vir 1 uur in die yskas om af te koel.
6 Smeer die mengsel tussen die suurlemoenkoekies.