Tertdeeg VulselSuurlemoen brûlée-tert
Ingredients
Instructions
1 Meng die botter en suiker in ’n voedselverwerker tot lig en romerig.
2 Voeg die eier by en meng goed. Voeg die meel by en meng tot dit bymekaarkom. Druk plat (dit rol makliker later) en draai met kleefplastiek toe. Sit vir minstens ’n uur in die yskas.
3 Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n ronde 30 cm-losboomtertpan met kleefwerende kossproei.
4 Rol die deeg 3 mm dik op ’n meelbestrooide werkvlak uit en voer die pan daarmee uit. Prik die basis liggies met ’n vurk.
5 Bak die deeg blind: Sit ’n stuk opgefrommelde bakpapier, groot genoeg om die tert te bedek, op die deeg en sit droë bone, rys ofbakgewiggies daarop. Bak vir 20 min. tot dit liggies begin verkleur.
6 Haal die bakpapier en gewiggies af en bak vir 2 min. of tot die rande ligbruin is. Verf die deeg met die marmelade en laat afkoel.
7 Meng die suurlemoensap en suiker. Meng die eiers by. Moenie klits nie, roer net deur.
8 Bring die room tot kookpunt en roer by die suurlemoenmengsel. Meng die suurlemoenskil by.
9 Gooi die suurlemoenvulsel in die tertkors en bak vir 40 min. Laat by kamertemperatuur afkoel en sit in die yskas.
10 Strooi strooisuiker oor en as jy ’n blaasvlam het, kan jy die suiker liggies karamelliseer of brûlée, soos die Franse sê.