kategorieë: Bekendes

Sunette Viljoen wen silwer in Rio

Sunette Viljoen se eerste gooi van 64.92 m in die spiesgooi vir vroue het haar die silwermedalje verseker. Sara Kolak van Kroasië se gooi van 66.18 m het haar die goue medalje laat wen. Barbora Spotakova (wat in 2012 in Londen met goud weggestap het, het derde geëindig met ’n tyd van 64.80 m.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Viljoen het in 2012 vierde geëindig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In nóg Olimpiese nuus het die driekamp-atleet Henri Schoeman gesorg vir SA se tweede bronsmedalje.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Henri Schoeman | Foto: Twitter

Schoeman het die bronsmedalje vir die driekamp vir mans gewen. Richard Murray, ook van SA, was vierde.

Die Brownlee-broers van Brittanje, wat bekend is vir hul prestasies in dié item, het goud en silwer gewen. Alistair Brownlee het in ’n tyd van 1:45:01 geëindig, terwyl sy broer, Jonathan Brownlee, kort op sy hakke geëindig het in ’n tyd van 1:45:07.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die driekamp-item bestaan uit swem van 1,5 km, fietsry van 40 km en uiteindelik 10 km se hardloop.

Ons is trots op Henri Schoeman én Richard Murray (wat vierde geëindig het) se prestasies!

Suid-Afrika het nou 8 medaljes by die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro – een goud, vyf silwer en twee brons.

Lees ook:

Goud plus ’n wêreldrekord vir Wayde van Niekerk

Nóg medaljes vir span SA

Derde Olimpiese silwer vir SA

Nog ’n Olimpiese medalje vir SA

Silwer vir SA by die Olimpiese Spele

Olimpiese Spele: SA-span deel foto’s

Ons gunsteling-Olimpiese selfies

Die groot Olimpiese droom

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

2 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

2 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

2 days Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

2 days Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.