Sunette Viljoen se eerste gooi van 64.92 m in die spiesgooi vir vroue het haar die silwermedalje verseker. Sara Kolak van Kroasië se gooi van 66.18 m het haar die goue medalje laat wen. Barbora Spotakova (wat in 2012 in Londen met goud weggestap het, het derde geëindig met ’n tyd van 64.80 m.
Viljoen het in 2012 vierde geëindig.
In nóg Olimpiese nuus het die driekamp-atleet Henri Schoeman gesorg vir SA se tweede bronsmedalje.
Schoeman het die bronsmedalje vir die driekamp vir mans gewen. Richard Murray, ook van SA, was vierde.
Die Brownlee-broers van Brittanje, wat bekend is vir hul prestasies in dié item, het goud en silwer gewen. Alistair Brownlee het in ’n tyd van 1:45:01 geëindig, terwyl sy broer, Jonathan Brownlee, kort op sy hakke geëindig het in ’n tyd van 1:45:07.
Die driekamp-item bestaan uit swem van 1,5 km, fietsry van 40 km en uiteindelik 10 km se hardloop.
Ons is trots op Henri Schoeman én Richard Murray (wat vierde geëindig het) se prestasies!
Suid-Afrika het nou 8 medaljes by die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro – een goud, vyf silwer en twee brons.
Lees ook:
Goud plus ’n wêreldrekord vir Wayde van Niekerk
Nog ’n Olimpiese medalje vir SA
Silwer vir SA by die Olimpiese Spele
Olimpiese Spele: SA-span deel foto’s