Ons gesin eet Desembers lékker – koek, nagereg, koeldrank, sjokolade en roomys soos ons wil. Ek is die een wat die koskas vol hou – en nou wonder ek of ek eintlik ook die een is wat hul kanse op kanker oor tien, twintig jaar opstoot? Hoeveel suiker kan ons eet? – Joan (43)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Twee kenners antwoord: Dr. Armorel van Eyk is ’n senior lektor en kankernavorser by Wits en Berna Harmse is ’n Kaapse dieetkundige met ’n spesiale belangsteling in voeding van kankerpasiënte.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Armorel
Jy maak elke minuut miljoene nuwe selle wat oues vervang, waarvan sommige foutief is. Jou liggaam vernietig normaalweg hierdie foutselle maar soms ontsnap een. As die sel begin groei, ontwikkel wat ons kanker noem.
Kanker is dus niks anders as foutselle wat onbeheerbaar begin groei nie. Sekere faktore maak ons vatbaarder vir kanker, soos:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Jou omgewing Dinge waaraan jy blootgestel is, kan foutiewe selle aanmoedig, soos bensien en asbes. Suiker pas potensieel hierby in.
• Die dosis Die meeste mense sal nie kanker kry as hulle tuis elke af en toe hul klere met bensien skoonmaak nie. Maar as dieselfde mense dertig jaar in ’n droogskoonmakery met bensien werk, sál ’n hele aantal van hulle wel kanker ontwikkel.
• Jou gene Mense verskil geneties. Daarom is party van ons meer geneig om “foutiewe” selle te maak en/of minder in staat om hulle te vernietig.
• Jou ouderdom Namate ons ouer word, verloor ons die vermoë om foutselle te vernietig – een van die redes waarom jou kanse op kanker toeneem wanneer jy ouer word.
Berna
Jou gewig tel ook Navorsers is redelik seker dat mense wat min oefening kry meer geneig is tot kanker. Mense wat nie oefen nie, is vanselfsprekend ook meer geneig om oorgewig te wees.
Armorel
Hulle is baie soos ons normale selle – hulle het immers daaruit ontstaan. Daarom “eet” hulle dieselfde voedingstof, naamlik glukose. Jou liggaam maak glukose van alle soorte kos wat jy eet: van koolhidrate (brood, stysel, groente) en selfs vette (olie, botter, kaas) en proteïene (vleis, vis en eiers). Uiteindelik word wat jy ook al eet na glukose afgebreek. Glukose is dus alle selle se “kos” – kankerselle inkluis.
Berna
Kankerselle gebruik dieselfde voedingstowwe as normale selle. As jy die kankerselle nie voed nie, voed jy jouself ook nie, en jy en die kankerselle sterf.
Armorel
Tafelsuiker bestaan uit die helfte glukose en die helfte fruktose. Suiker kan nie as suiker in jou liggaam bestaan nie: dit breek dadelik op in glukose en fruktose, en word daarvandaan verder gebruik.
Die probleem lê by die fruktosekomponent van suiker. Volgens ’n nou baie wyd erkende 2010-artikel wat die Amerikaanse Vereniging vir Kankernavorsing gepubliseer het:
• gebruik kankerselle glukose om te groei
• gebruik kankerselle fruktose om RNS en uiteindelik DNS te maak, met ander woorde om nuwe selle te maak. Dit is sedertdien deur verdere laboratorium-navorsing bevestig. Die logiese afleidings is:
• glukose laat kankerselle groei
• fruktose help dat kankerselle vermeerder.
Berna
Maar wat met selle in laboratoriums gebeur, bewys nié noodwendig wat in die menslike liggaam gebeur nie. Dit gee ons net aanduidings, waarop ’n hipotese gegrond word. Daarom sien ons nie in die praktyk dat matige suikergebruik kanker beïnvloed nie.
Armorel
Fruktose/suiker veroorsaak nie kankerselle nie maar kan selle wat reeds daar is, help vermeerder. Die potensiaal is daar, aangesien suiker 50% fruktose is. Maar dit gaan ook oor hoevéél suiker jy gebruik.
Mense wat min suiker gebruik, loop nie ’n risiko nie. Jou liggaam kan ’n beperkte hoeveelheid suiker/fruktose hanteer, net soos ’n bietjie bensien veilig is terwyl baie bensien ’n risiko inhou. Maar baie suiker/fruktose is ’n potensiële risiko. Onthou dat heuning, en veral hoëfruktosekoringstroop (HFCS) en vrugtesapkonsentraat selfs meer fruktose as suiker bevat.
Maar behou perspektief: die feit dat jy suiker uitsny, gaan nie keer dat kankerselle ontstaan nie, want daar is ook ander redes vir kanker. Minder suiker gaan ook nie keer dat kankerselle groei nie: hulle gaan in elk geval op glukose groei en selfs vermeerder. Ons vermoed dat fruktose hulle wel vinniger laat vermeerder en beter laat floreer.
Berna
Suiker veroorsaak nie kanker nie. Swak voeding – juis omdat jy te veel suiker eet – en leefstylkeuses soos rook en drank is veel sterker aan kanker gekoppel. Geeneen van die betroubare organisasies, soos die Amerikaanse Kankervereniging gee suiker as ’n potensiële kankerwekker aan nie.
Armorel
Net om superveilig te wees, is van die jongste advies dat kankerlyers van suiker/fruktose afgeraai word. Maar dit beteken nie jy moet alle stysel uitsny omdat hulle ook na glukose kan afbreek en net op vleis, olies en laekoolhidraatgroente soos broccoli en spinasie moet leef nie.
Aangesien glukose ons normale brandstof is, is glukose uit nie-suikerbronne veilig, soos uit stysel en groente. Trouens, jou liggaam se gesonde selle het ook voeding nodig om te kan funksioneer – en nou juis meer omdat die kankerselle met jou eie selle om kos meeding. Jy het dus ekstra glukose nodig.
Aan die ander kant is baie van ons koolhidraatkosse juis propvol suiker en dus fruktose. Dink aan die suiker/fruktose in koekies, gebak, vrugtesappe, melkskommels, roomys, kitspappe, muesli en selfs in jogurt.
Berna
Dink so daaraan: gaan jy nou so eet dat jou liggaam so sterk moontlik is, of gaan jy jou liggaam knou omdat jy miskien – en nie eens vir seker nie – dalk die kankerselle knou?
Dieetkundiges sal altyd ’n gesonde, matige benadering aanbeveel. Dus sal ek minder suiker gebruik – 4 teelepels suiker per dag, saam met die vyf-per-dag-eetpatroon van vyf groente en/of vrugte per dag sodat jy oorgenoeg van die antioksidante kry wat jy juis nou nodig het.
Armorel
Vrugte bevat fruktose, en daarom wonder ’n mens daaroor. Maar die voedingstowwe in groente en vrugte is nou – en altyd, ook as jy gesond is – uiters belangrik. Gelukkig kan jy dieselfde voedingstowwe net uit groente kry, wat in die reël minder fruktose bevat.
Onthou dat ander produkte selfs meer fruktose bevat as vrugte, soos hoëfruktosekoringstroop (jy sal dit op die kosetikette sien as HFCS of as corn syrup) en vrugtesapkonsentraat. Vermy hulle beslis.
Berna
Die algemene dieet-aanbeveling van twee tot drie vars vrugte per dag is veilig vir álmal.
Vrugtesappe en ander verwerkte voedselbronne, veral HFCS, is nie baie gesond nie, en ons beveel aan dat jy minder daarvan inneem.
Berna
Dit is ’n irrelevante vraag, want suiker word nie aan kanker verbind nie – nie as jy minder suiker gebruik nie. Maar ouers moet hul kinders verstandige eetgewoontes aanleer. Jy wil juis nie hê dat hulle kos as die fokus van vakansies, kuier en vermaak beskou nie. Bederf hulle ’n bietjie maar leer hulle gesonde smake aan, sonder om fanaties te raak.
• Hou die porsies van bederfkos klein Deel lekkergoed. Koop die kleinste formaat sjokolades.
• Bied gesonde lekkernye aan Daar is soveel opsies as jy eers begin oplet: vrugte, neute, trail mix, gladdejantjies, jogurt, sorbet, en so aan.
• Soek opsies met min suiker Dink aan kasies, ryskoekies en springmielies.
Armorel
Dit hang af hoe veilig jy wil wees. Ek sou myself afvra:
Hoeveel suiker gebruik ek? Ons weet nog nie wat die veilige grense vir fruktose is nie. Dit kan ook van mens tot mens verskil. Maar alle aanduidings is dat ’n bietjie veilig is. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê ’n maksimum van 4-5 teelepels per dag is reg maar hulle reken dat gewone mense sowat 80 g suiker – 16 teelepels – per dag gebruik. Die kosbedryf gebruik geweldig baie suiker in blikkieskos, souse soos blatjang, kitspap, jogurt, muffins, donuts, blikkies koeldrank, roomys en lekkergoed.
Maak of koop ek kos? Gekoopte kositems, asook kitskosse en wegneemetes, bevat in die reël baie meer suiker, fruktose, HFCS en/of vrugtesapkonsentraat as tuisgemaakte kos. As voorbeeld: As jy hawermout tuis maak, versoet jy dit met een of twee teelepels suiker. As jy kitspap koop, bevat dit reeds 2-5 teelepels suiker per koppie. Baie mense roer nog ’n teelepel of twee in om die melk effe te versoet. Mense wat alles koop, het al klaar ’n “suikerlading” terwyl tuiskokke moontlik ’n bietjie speling het. Dit hang natuurlik van jou kookstyl af.
Hoe oud is ek? Jonger mense het meestal ’n kleiner risiko as ouer mense, en kan vermoedelik met meer suiker wegkom, terwyl middeljariges waarskynliker veiliger is as hulle suiker beperk.
Het ek al kanker gehad? Gestel jy het weer ’n kankerselletjie wat aan die groei is. Soos navorsing nou aandui, kan suiker – spesifiek die fruktose daarin – hierdie selle juis help om te vermeerder. As jy voorheen kanker gehad het, is die minimum suiker/fruktose die veiligste.
Hoe lyk my gene? Bloedfamilie met kanker maak jou risiko hoër. Vir jou is minder suiker/fruktose waarskynlik beter.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.