kategorieë: DieetGesondheid

41 ander woorde vir suiker op kosetikette

41 ander woorde vir suiker op kosetikette deur Salomé Delport Hooffoto: iStock/cyano66

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy sien dit gereeld op gesondheidsprodukte: “geen suiker bygevoeg”. As dit sonder kunsmatige versoeters lekker soet proe kan jy jou laaste sent daarop sit dat dit suiker in ’n ander vorm bevat, netjies weggesteek onder ander woorde vir suiker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Kosetikette in gewone taal

Nie dat jy altyd alle suiker hoef uit te sny nie. ’n Bietjie is reg. Maar dit is moeilik om by ’n bietjie te bly, omdat suiker op soveel maniere in ons gekoopte kos verskuil word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoeveel suiker kan jy per dag maar eet?

Volgens die WGO is tot sewe teelepels bygevoegde suiker per dag heeltemal aanvaarbaar. Die Britse NHS se amptelike aanbeveling is bietjie meer genuanseerd en neem ouderdom in ag. Dit lyk so:

  • 7 teelepels per dag vir almal bo twaalf
  • 5 teelepels per dag vir kinders van sewe tot elf
  • 4 teelepels per dag vir kinders van vier tot ses
  • Daar is nie ‘n aanbeveling vir kinders onder vier nie, buiten dat hulle nie aan soetgoed gewoond moet raak nie.

Suid-Afrikaanse dieetkundiges onderskei tussen ‘vry’ suiker – die wit korreltjies wat by kos en koeldranke gevoeg word – en ‘gebonde’ suiker soos dit in vrugte en groente gebind aan die veselkomponent voorkom. Hulle beveel aan dat jy veral vry suiker moet afskaal of uitskakel.

Met ander woorde moenie jou suiker ‘drink’ nie. Prakties beteken dit dat jy beter af is as jy koeldranke van alle soorte hou vir spesiale geleenthede, eerder as om hulle elke dag te drink. Dit beteken dat jy maar lig moet loop met gaskoeldranke, koelers en ongelukkig vrugtesap en versoete melkdrankies ook. En moenie die suiker in jou tee en koffie miskyk nie. Dit is deel van jou sewe teelepels per dag.

Lees ook: Vloeibare kalorië

Ander woorde vir suiker waarvan jy moet weet

Jy kan net binne jou begroting van sewe teelepels suiker bly as jy weet waar suiker oral in kos bygevoeg word. Maar dit is nogal ’n groter uitdaging as wat mens verwag, omdat suiker in baie vorms voorkom. Aangesien die wetgewing verwag dat die etikette akkuraat moet wees staan dit daar dikwels onder ander woorde vir suiker – dink daaraan as ‘skuilname’ – gelys –  wat ons nie noodwendig herken as ander terme wat ook op suiker dui nie.

Kyk die etiket deur vir een van die 41 algemene skuilname en woorde vir suiker:

Kyk uit vir enige soort stroop soos

  • corn syrup
  • high fructose corn syrup
  • agave syrup
  • maple syrup
  • carob syrup
  • rice syrup of
  • golden syrup

Kyk uit vir enige bestanddeel wat met –ose eindig, wat op die chemiese naam vir suiker dui, soos

  • fructose
  • glucose
  • maltose
  • dextrose
  • lactose of
  • isoglucose.

Kyk uit vir enige soort sap, soos

  • fruit juice
  • reconstituted fruit juice
  • grape juice of juice van enige ander vrug, soos lemoene, pere, appels en bessies
  • evaporated juice.

Kyk uit vir suiker van ander bronne soos

  • beat sugar
  • date sugar
  • cane sugar
  • grape sugar
  • agave

Kyk uit vir suiker in ander vorms

  • nectar
  • honey

Kyk uit vir verwerkte suikers

  • demerara sugar
  • muscovada sugar
  • caramelized sugar
  • brown sugar
  • invert sugar
  • castor sugar
  • confectioners’ sugar
  • icing sugar
  • caramel
  • malt
  • molasses
  • treacle
  • brown sugar
  • Sucanat
  • Jaggary
  • Turbinado
  • Piloncilo

Lees ook

Hoe om smaaklik suikervry te eet

Kan kolonkanker gekeer word met dieetkoeldranke en min suiker?

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.