'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié winter tref. Van onwettige casino’s tot nuwe liefdes, en van ou liefdes wat nie roes nie tot gedaante verwikkelings, is van die storielyne wat kykers op hul naels gaan laat byt.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Hier is vyf stormagtige kinkels waarvoor aanhangers moet uitkyk:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
1. Dit begin lyk of Ruiterbosch die nuwe Wilde Weste is met Texas (Donovan Pietersen) en Nazeem (Irvine van der Merwe) se gekonkel want by die nuwe Lone Star-wassery word daar veel meer as net klere gewas! Dit inderwaarheid ’n front vir ’n onwettige casino en verskeie van Ruiterbosch se inwoners geniet nogal dié nuwe tydverdryf. Maar Texas en Nazeem moet hul voetwerk ken om die regte kliënte te lok en terselfdertyd diegene wat hul pret kan bederf, van stryk te bring. Gaan die twee slinkse manne kan keer dat hul vuil wasgoed in die openbaar gewas word?
2. Cupido kom klop ook dié winter aan Aiden (Theodore Jantjies) se deur. Ja, Ruiterbosch se apteker raak halsoorkop verlief op die pragtige Lisa (Elsje Slabbert). Hy glo vas sy is sy trouvrou, maar is sy werklik die regte medisyne vir hom?
3. Nou dat Zoë (Lauren Josephs) finaal die “Tim-hoofstuk” afgesluit het, sien sy kans om weer die opsitkers aan te steek. Só begin Gary (Craig Adriaanse) by haar vlerksleep en sy vang ook Texas se oog. Maar Zoë se visier is moontlik op iemand anders ingestel. Kan dit ’n kwessie wees van ou liefde wat nooit roes nie?
4. Die ring wat Siya (Gantane Kusch) en Kate (Annelisa Weiland) in die kollektesakkie gevind het, is dalk manna uit die hemel vir die kerk. Terwyl hulle probeer om agter die kap van die byl te kom, veroorsaak dit ook spanning tussen hulle.
5. Die Samsodien-gesin kom voor nog ’n groot toets te staan. Die keer is dit Mymoena (Jill Levenberg) wat in die versoeking gelei word en sy neem ’n paar skokkende besluite.
Kyk Suidooster elke weeksdag om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET & Kie. Dit is ook op DStv Stream en Showmax beskikbaar.
Lees ook: Skemergrond: Ontmoet die karakters van dié splinternuwe telenovelle
As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…
Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…
Die lied van haar lewe Sy het ʼn Safta-toekenning vir haar spel in…
Vir die eerste keer op die verhoog word die intieme en hartstogtelike liefdesbriewe tussen Ingrid…
Die akteur Sean Aucamp-van Noordwyk (30) het vandeesweek sy verskyning in die gewilde kykNET-sepie, Suidooster,…
“Daar’s ’n paar goed wat natuurlik so ég Suid-Afrikaans is, dis so moeilik om dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.